Lokstem van die liefde
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания: 0000
Louise Barnard is in die wolke wanneer haar vriend, die aantreklike, skatryk Eben Griesel vir haar die woonstel wat hy vir hulle uitgesoek het gaan wys. Mevrou Louise Griesel, mymer sy, drome wasig in haar oe terwyl sy opkyk na Eben wat langs haar in die hysbak staan. Sy glimlag met hom. Hy het reeds hulle woonstel gekies, hoewel hulle nog nie op 'n troudatum besluit het nie. Maar so het sy Eben die afgelope maande leer ken. Hy dink aan die praktiese dinge en 'n woonplek sal beslis vir hom van groter belang wees as al die beplanning en gepraat en bespiegelinge oor 'n geskikte troudatum en hoe groot die huweliksonthaal gaan wees. Net 'n paar minute later, in dieselfde woonstel waaroor Louise so baie drome gedroom het, spat haar hele wereld erger aan skerwe. Eben het beslis nie aan die beplanning of 'n geskikte datum vir hulle huwelik gedink nie. Tewens, niks was verder uit sy gedagtes verwyder as juis ‘n huwelik met Louise nie. Sy idee was suiwer dat hy en sy moes saambly – soos sy antwoord op haar weersin dan ook getuig – “Genugtig, Louise, trou is so uit die mode soos Kersvader en Kerskabouters!” het hy gesmaal terwyl sy so vinnig moontlik van hom af probeer wegvlug het. Met haar vertroue in mans geheel en al vernietig, besluit Louise om uit Johannesburg pad te gee. Sy moet wegkom van Eben af . . . van die smet wat sy idees in haar binneste gelos het, en die huis wat haar moeder kort gelede van haar tant Ragie de la Rey op Rheedershoop geerf het, bied aan haar ‘n salige heenkome. Maar Louise het nie rekening gehou met die ander De la Reys van Rheedershoop nie. Met Lafras, die breedgekouerde padbou-ingenieur met die gesig wat lyk of dit uit graniet gebeitel is nie. Ook nie met Theresa Hattingh, die skatryk, suksesvolle, talentvolle, aantreklike vrou, soos iemand haar aan Louise beskryf het, wat Lafras de la Rey vir haarself toegeeien het, of met Belinda, die agtienjarige prikkelpop op wie Lafras ooglopend op sy beurt verlief is nie. Wanneer, o wanneer, so het Louise se hart telkens geweeklaag, sou die lokstem van die liefde haar weer roep. Wanneer . . .?
Deze Liefde
Автор: Софи Лав
Год издания:
“Sophie Love tovert een magische wereld voor haar lezers door middel van sterk beeldende zinsneden en beschrijvingen…[Dit is] het perfecte romantische boek voor aan het strand, met een verschil: het enthousiasme en de prachtige beschrijvingen schenken verrassende aandacht aan de complexiteit van niet alleen ontwikkelende liefde, maar ook ontwikkelende persoonlijkheden. Het is een uitstekende aanbeveling voor lezers van romantiek die een tikkeltje meer complexiteit in hun romantische boeken willen zien.”
–-Midwest Book Review (Diane Donovan re: Maintenant et A Tout Jamais)
“Een zeer goed geschreven boek over de moeilijke weg van een vrouw op zoek naar haar ware identiteit. De auteur heeft geweldige personages geschapen en haar beschrijving van de omgeving is prachtig. De romantiek is aanwezig, maar niet overdadig. Mijn complimenten aan de auteur voor dit geweldig begin van een serie die belooft bijzonder veel vermaak te bieden.”<
–-Books and Movies Reviews, Roberto Mattos (re: Maintenant et A Tout Jamais)
DEZE LIEFDE (Verhalen uit de Romantiek – Boek #1) is het debuut van een nieuwe romantische reeks door #1 bestsellerauteur Sophie Love.
Keira Swanson, 28 jaar oud, krijgt haar droombaan bij Viatorium, een stijlvol tijdschrift in New York City, als aspirerend reisschrijver. Maar ze hebben een meedogenloze bedrijfscultuur, haar baas is een monster, en ze weet niet of ze het er lang zal kunnen volhouden.
Dat verandert allemaal wanneer Keira bij toeval een gewilde opdracht wordt gegeven. Dit is haar grote kans: 30 dagen lang naar Ierland gaan om het legendarische Lisdoonvarna festival van de liefde te verslaan, en de mythe te ontkrachten dat de ware liefde bestaat. Keira, zelf cynisch en op gespannen voet met haar vriend, hapt maar al te graag toe.
Maar wanneer Keira verliefd wordt op Ierland en haar Ierse gids ontmoet, die misschien wel de man van haar dromen is, is ze nergens meer zeker van.
Een wervelende romantische komedie die even diepzinnig als grappig is, is een schitterende nieuwe romantische reeks die je laat lachen, huilen, en die je tot diep in de nacht blijft lezen – en waarvan je weer helemaal verliefd wordt op de romantiek.<
Boek #2 in Verhalen uit de Romantiek is nu op voorbestelling!
Dis mooiweer en liefde
Автор: Wilmari Jooste
Год издания:
Menantheau le Clerque se stil en kalm lewe word onverwags in ’n heel nuwe rigting gestuur die aand toe sy vir Nick Bender ontmoet. Nick oorrompel haar totaal en dit wil voorkom asof hulle verhouding blom – ten spyte van Nick se trots. Wanneer Nick in ’n ernstige motorongeluk betrokke is, leer Menantheau langs sy hospitaalbed ook vir dokter Kobus Kruger ken. By Kobus ervaar sy die rustigheid wat Nick haar nooit kon gee nie. Maar Kobus is nie bereid om altyd in Nick se skaduwee te leef nie. En Esta, die mooi verpleegster, is ook besig om haar belangstelling duidelik te maak. Menantheau sal ’n keuse moet maak voordat dit te laat is. . .
Onthou jy nog die liefde?
Автор: Marlee Tesselaar
Год издания:
Anika Summers se lewe het haar al ver paaie van die Paarl laat loop. Wanneer haar pa, vir wie sy getrou elke maand geskryf het sonder dat sy ooit ‘n antwoord terug ontvang het, siek word, dwing die lewe haar om terug te keer. Sy is immers verpleegster en dit is haar plig om na haar pa om te sien. Maar dit dwing haar ook om weer vir Nelis de Villiers te sien, die wynmaker en man van haar jeug met die sagte blou oe. Die man wat haar hart in die holte van sy hande gehou het, maar iemand anders bo haar gekies het. Anika is gewoond aan vlug, maar hierdie keer dwing Henk Zimmerman, die mooi sielkundige, haar om haar verlede in die oe te kyk. Of het hy ook ‘n verskuilde agenda? Sal sy hierdie keer liefde vind en vrede kan maak met die verlede?
Seisoen van ons liefde
Автор: Elize Mitchell
Год издания:
Toe vryskutjoernalis Tanya van Heerden na die Richtersveld op ? werksprojek gestuur word, het sy nooit kon droom hoe ingrypend haar hele lewe sou verander nie. In die Richtersveld verloor sy haar hart aan ‘n blonde, bruingebrande “veewagter”, en terug in die stad kom sy tot haar ontsteltenis agter dat sy swanger is. Stadig maar seker bou sy vir haarself ? nuwe lewe, bere sy haar Richtersveld-man diep in haar hart. Maar dan verskyn die aantreklike ekoloog professor Jean-Pierre de Ville een aand op die toneel en keer haar nuutgevonde lewe vierkantig op sy kop. Want Pierre is allesbehalwe veewagter, maar die einste een aan wie sy haar hart verloor het! Nou is hy egter verloof aan die beeldskone Alexa en Tanya moet fyn trap om haar geheim – en haar hart – te bewaar.
Verbode liefde
Автор: Malene Breytenbach
Год издания:
Marian Sinclair en haar niggie Morag hou vakansie op die Skotse eiland Mull en gaan met groot vooroordele tuis by Kasteel Glenbogan, die setel van die aristokratiese familie wat hulle veronderstel is om te verfoei weens ’n eeue oue familievete.Op Glenbogan leer hulle die MacLean-broers ken as mense wat vriendelik en gasvry is. Veral sir Roderick, die oudste broer en laird van Glenbogan, slaan Marian se voete (teen haar wil en beterwete) onder haar uit. Marian kan haar aangetrokkenheid tot Roderick nie verklaar nie; hy het immers ’n paar duisterhede in sy verlede. Spoedig begin vreemde ongelukke en teespoed die Kasteel ry. En dit wil selfs lyk asof iemand probeer om van Marian ontslae te raak. . .