Vuvuzela: Skooluitgawe Gr 11 TAT
Автор: Engela van Rooyen
Год издания: 0000
Dit was ’n groot dag, daardie dag van die Soccer Bid vir Twenty-Ten. In die township was dit vol by elke plek, dit was net music en colours en stemme en lag. En toe Madiba op die screen verskyn met sy oe wat skreef van die lag, toe hy die trophy hoog in die lug hou – net daar het die plan soos ’n weerligvoel in Senke se kop geskiet. Sy plan om vir sy Buti ’n groot surprise te gee . . . iets wat hy nooit sal vergeet nie, al word hy ’n ou mkhulu met ’n grys baardjie.
Hierdie skooluitgawe is aangevul met • ’n inleiding tot die roman • woordverklarings • glossariums • verrykende materiaal • vrae, aktiwiteite en antwoorde gebaseer op die KABV.
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe)
Автор: Eleanor Baker
Год издания:
In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met ’n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van ’n stadsgesin wat bestaan uit ’n vergeetagtige ma, ’n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul “Hollandse” hond, ’n huishulp wat presies weet wat sy wil he en ’n buite-aardse beskermengel met ’n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met ’n glimlag, baie van hom/haarself. “Ek het jou al vertel van my naam,” se Iris, die sentrale figuur in hierdie bekoorlike roman, “. . . ek glo ek sal eendag blom.”
Vlis met vlerke (skooluitgawe)
Автор: Annemari Coetser
Год издания:
Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorle, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met die van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswereld gee: die “vlissie” kry vlerke.
Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Vlerkdans (skooluitgawe)
Автор: Barry Hough
Год издания:
Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In ’n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in ’n skildery in die middel van ’n hoe sprong vasvang: soos ’n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en ’n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar).
Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)
Автор: Elizabeth Wasserman
Год издания:
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerower behoort. Maar waar le die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013).
Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Willem Poprok (skooluitgawe)
Автор: Derick van der Walt
Год издания:
Partymaal draai die lewe anders uit as wat jy dit in jou wildste drome voorgestel het. Vir Willem van Vuuren is die hoerskool eerder ’n nagmerrie as die avontuur waarop hy gehoop het. Want almal eis hulle pond vleis van hom: Daar is die vreemde karakters in die kunsklas waarin hy per ongeluk beland, die rugbyspan waarin hy ter wille van sy pa se Twickenham-knie moet vasbyt, en die simpel kompetisie waarvoor sy broers hul pa wil inskryf. Hallo – hulle pa! Dalk is juffrou Blom reg: Partymaal moet jy jou eie kop volg. En sy behoort te weet, want sy kan ’n rugbybal skop dat dit klein word. Willem Poprok is bekroon met ’n Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur (2009), die M.E.R.-Prys vir Jeugliteratuur (2011) en die Scheepersprys vir Jeugliteratuur (2013).
Hierdie skooluitgawe van Willem Poprok is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.