Найти книгу: "Die ewigheid in my hart"


Die ewigheid in my hart Die ewigheid in my hart

Автор: Barend Vos

Год издания: 0000

Wat maak die Psalms so geliefd? Dit moet die menslikheid daarvan wees. Hier, in die hart van God se Woord, tussen al die groot woorde en ingrypende gebeure deur, staan die liedere en gebede van 'n ou volk opgeteken. Hulle uitbundige vreugde en hulle diepe hartseer; hulle worstelinge, onbegrip, hulle moedeloosheid. Soveel van hulle geskiedenis. En nog net so van toepassing op vandag. Die gebede in hierdie boek is in gesprek met die Bybel se psalmboek gebid. Dit verklap sekerlik heelwat van die bidder en die manier waarop hy die Psalms lees. Maar dalk bring dit ook iewers, vir iemand, 'n skerfie lig. En 'n duideliker blik op die Eerste Adres vir ons hedendaagse vrae, ons knaende kleingeloof, ons hardnekkige twyfel – en die genadige sekerhede. En vir al ons lof, dank en aanbidding.