Найти книгу: "Skarlaken"


Skarlaken Skarlaken

Автор: Irma Venter

Год издания: 0000

Haar pa het buite gaan asemskep toe hy haar gesien het. Die boonste laag van die pan was gevries na die vorige nag. Dit het onder sy voete gekraak en fyn spinnerakke gemaak soos hy geloop het. Versigtig al nader aan die rooi fiets en die vrou wat op haar sy, halflyf – presies halflyf – in die modderige ys vasgevang was. Die fiets was nie hare nie, maar die trourok wel. Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ? rekenaargenie met ? kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los. Janien was op die oog af geliefd, ? suksesvolle kunstenaar met ? slag vir besigheid, en op die punt om met haar universiteitsliefde te trou. Was dit selfdood of moord? Waarom is die toneel om haar liggaam so sorgvuldig, amper kunstig, gerangskik? En hoekom is haar rekenaar se geheue voor die tyd so sorgvuldig skoongevee?
Skarlakenkoors Skarlakenkoors

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te he”.Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wereld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorak-simfonie, ’n Zefferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig … Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wereld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, ne. Nou vra Tafelberg opnuut ’n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgese nie: Daar’s ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend.
Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .

Skarlakenkinders Skarlakenkinders

Автор: Anzil Kulsen

Год издания: 

Anlea: Die prostituut wat uit die kettings waarmee geld jou bind probeer ontsnap. Frankie: Die slagoffer van 'n sekshandel sindikaat op soek na vrede vir haar siel. Bianca en Ragel: Die ma en dogter wat wegdryf van mekaar weens 'n groot geheim. Abby: Die modekoningin wat troos soek aan die bodem van 'n bottel. En Kirabo: Die helper wat weier om haar eie storie te vertel. Vyf uiteenlopende vroue wat deurgeloop het onder groot wreedheid kom op 'n afgesonderde plaas in die middel van die Sederberge bymekaar. Om gesond en heel te word. In die loop van die paar dae werk God met elkeen van hierdie vroue en breek mure af. Maar dan begin die verdwynings, en elkeen moet leer wat dit verg om werklik te doen wat God van jou vra.