Swemlesse vir ’n meermin
Автор: Marita van der Vyver
Год издания: 0000
Daar’s belangrike dinge wat jy moet weet om jou tienerjare te oorleef. Soos, wat maak jy as jy groen is van jaloesie elke keer as jy na die gewildste, mooiste, coolste meisie in die klas kyk? Of hoe gemaak as jy verlief is op ’n ouer seun wat nie eens weet wat jou naam is nie en waarskynlik nooit sal weet nie, want hy is ook verlief op die gewildste, mooiste, coolste meisie in jou klas? En waarom kan niemand behalwe jy agterkom hierdie meisie is eintlik ’n total fake nie? Is daar iets verkeerd met jou? Dis sulke soort lewensbelangrike raad wat jy hier gaan kry. Asook raad oor familie, ouers, broers en susters. Oor skool en geld en geluk en klere en allerhande dinge waaraan ek nog langs die pad sal dink.
Toe Hanna Hoekom se sussie Ariel daardie dag op die verlate berg gebore is, het Hanna gewens sy moet nooit in haar lewe seerkry nie. En nadat sy die storie van hulle rampspoedige vakansie geskryf het, het sy aanhou skryf, aan ’n lewensgids vir Ariel, want wie wens nie hulle het ’n ouer suster wat kan raad gee oor skool en vriende en ouers en allerhande dinge nie?
Anna Atoom en die magnetiese meermin
Автор: Elizabeth Wasserman
Год издания:
Ton is weg, Brak is onsigbaar en admiraal Atoom se lewe is in gevaar – dit alles te midde van 'n grootskaalse wetenskaplike ingryping in die natuurlike balans van die aarde: Uranus Draak wil die magnetiese pole skuif in 'n poging om aardverwarming te keer. Sal Anna en professor Sabatina die wereld se slimste wetenskaplikes daarvan kan oortuig dat Uranus se plan op 'n ramp afstuur? En hoe hou Ton se verdwyning verband met Uranus se bose plan?
Meerminliefde
Автор: Lizet Engelbrecht
Год издания:
Rene is ’n vrou met ’n humeur. Veral as iemand ’n dier wil skade aandoen, vlam sy goed op, nes haar vlamrooi hare. Haar nuwe buurman laat haar ook met die eerste oogopslag oorkook – en nie van vreugde nie. Wanneer sy boonop uitvind dat dierewelsyn nie boaan sy agenda staan nie, is die hel los. Kobus maak allerlei nare herinnerings by haar wakker en sy wil niks van hom weet nie – nogal moeilik, aangesien hy die hoofhuis langs haar kothuis huur . . . En dan’s daar haar vriendin Mandie, heeltemal te nuuskierig en kupido-agtig – om nie van haar verlore kat en uitdagende omgewingsbewaringwerk te praat nie.Gaan Rene en Kobus mekaar vir ewig aangluur oor die meermin-spuitfontein in hul gedeelde oprit? Of kan haar wulpse invloed ’n ander soort vlam tussen die twee aansteek?