Judaskus
Автор: Rudie van Rensburg
Год издания: 0000
Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein . . . Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseel-meevaller weens nog ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit dalk nie doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees ? die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .