Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid
Автор: Linda Friedland
Год издания: 0000
Die Omvattende gids vir gesinsgesondheid is 'n gebruikersvriendelike naslaangids vir Suid-Afrikaners: hoe om siektes te voorkom, die algemeenste siektes, kindergesondheid en kindersiektes, mans se gesondheidsprobleme, vroue se gesondheidsprobleme, simptome en behandelingsopsies, noodhulp en trauma. Maak seker jy het hierdie uitstekende naslaanbron altyd byderhand, sodat jy in belang van jou familie se gesondheid die beste besluite kan maak.
Omvattende swangersap-, geboorte- en ouerskapgids
Автор: Lilian Paramor
Год издания:
In die omvattende gids gesels suster Lilian oor wat op jou wag van die oomblik dat jou swangerkap bevestig is, totdat jou peuter op sy eie in die gang af waggel. Die vrae wat alle nuwe ouers kwel word eerlik en met begrip beantwoord, en met praktiese raad aangevul. Suster Lilian, Suid-Afrika se bekendste babasorgkenner, het meer as dertig jaar ervaring, en haar raad is gerusstellend dog realisties. Talle kwessies – van jou keuses vir die bevalling, die pa se rol, kinderkwale en siektes, nagvoedings en slapelose nagte, tot hoe werkende ouers hul lewe makliker kan maak – word met gesag en deernis bespreek.