Найти книгу: "Takelwerk"


Takelwerk Takelwerk

Автор: Daniel Hugo

Год издания: 0000

Met die titel, Takelwerk, beweeg Daniel Hugo nie net terug na die bekende beeldveld van die see en skeepvaart nie, maar verwys ook na D. J. Opperman se vers “Digter” waar die digter se arbeid uiteindelik lei na “klein stellasies vers // wat groei tot boeg en mas / en takelwerk”. Die bundel sluit verse in oor die digkuns en digterlike aktiwiteite. Die leser ervaar die wereld van die digter deur sy oe en ore, sy sintuie, maar ook deur sy taal. Die spel-element is ook opvallend in baie verse, iets wat Hugo virtuoos met humor saamdig. Hiermee saam is ook die vernufsverse wat al sinoniem met Hugo se digterskap geword het. Talle verse staan uit vanwee die fyn ontginning van klank, woordspel & die ontplooiing van metafoor. Die verse spreek van ’n belewenis van die wereld vasgevang tussen carpe diem en memento mori, verse oor landskappe en die heimwee van landskappe, oor natuurdinge en die mens (en die digter) se plek in die groter bestel. Dikwels word die landskappe ook binneskappe, word hulle ingeskape.