Найти книгу: "Reenboog in die sand"


Reenboog in die sand Reenboog in die sand

Автор: Dirna Ackermann

Год издания: 0000

Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe na Markus se dood. Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so onwillig moes agterlaat, einste Fourie wat nog al die jare niks weet van hul kind nie . . . Nou is Fourie hier, in haar gastehuis, en hul tienerjare se vonke is nog geensins geblus nie. Maar hoe gaan die twee mekaar weer vind en verby die lang jare se verswyging kom, tussendeur die hele Develcor-drama, Hanko se weerbarstige-tienerprobleme en Fourie se skok oor die onverwagse nuus dat hy iewers ’n mondige seun het?
Reenboogmelodie Reenboogmelodie

Автор: Anzil Kulsen

Год издания: 

Diane sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Toe sy Robert ontmoet is sy so dankbaar vir die aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is. Robert het haar nog altyd lief gehad, maar nou is hulle huwelik op die rotse. Hoekom sal Robert nou die pad vat? En wie is die persoon wat se dat Robert die pa van haar kind is? En sal sy haar seuntjie wat outisties is kan help? Of is sy juis die oorsaak van sy probleme? Sal Diane kans sien om te bly as sy uitvind wat werklik aan die gang is?

'n Reenboog vir Aralie 'n Reenboog vir Aralie

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibie te gaan waarneem, stem sy teesinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles nog in aanbou is. En boonop behoort die plek aan Franco Conradie, “olifant fluisteraar”, TV-man en bekende natuurkenner – en hy is glad nie seker of die tenger rooikop veearts die werk sal kan doen nie. Asof dit nie genoeg is nie, besluit Neil dat hy Aralie ten alle koste wil terugwen. Moet Aralie Niel nog ’n kans gee, of sal Belelapa se aantrekkingskrag sterker wees?

Reenboog deur my trane Reenboog deur my trane

Автор: Solly Ozrovech

Год издания: 

Reenboog deur my trane bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tye met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

Aan die einde van die reenboog Aan die einde van die reenboog

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

"Toe Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer op te spoor, het sy geen benul gehad van wat die toekoms vir haar inhou nie . . . Met haar aankoms by haar bestemming ontbreek die blye verwelkoming wat sy te wagte was. Skaars het haar fynversorgde voetjies egter die stasieperron betree, of ’n baie aantreklike, blonde Engelse offisier omhels haar hartstogtelik en lei haar met luide liefdesbetuigings weg. Die “Engelsman” blyk toe ’n Boerespioen te wees, baie aktief betrokke by die Vryheidsoorlog. Die feit dat Annemarie haar hart op hom verloor, dra ook nie by om sake te vergemaklik nie. Sy word daarvan beskuldig dat sy ’n medepligtige was in ’n sameswering teen die Britse regering en slegs haar verraaier-neef se vriendskap met die vyande van sy volk bied haar weer haar vryheid. Haar blonde spioen stuur briefies, blomme, beloftes . . . maar is dit net ’n set om haar samewerking te bekom? En waar bevind haar broer, Jean, hom? ’n Mens kan tog nie sonder meer soos ’n groot speld verdwyn nie . . . "

Reenboog op die horison Reenboog op die horison

Автор: Susanna M. Lingua

Год издания: