Ettie Bierman Keur 10
Автор: Ettie Bierman
Год издания: 0000
In Die snip van Sesdorings kom ? beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ? stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geerf het, op Sesdorings aan om besit van haar erfenis te neem en begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas . . . En ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opse het. En wat kon hy, ? arme ou man, doen om hom te laat geld? Natuurlik moes hy maar af en toe op sy eie manier vir hulle wys hoe die vurk in die hef steek. Nie alleen wou Hennie van haar erfenis ? klinkende sukses maak nie, maar ook wou sy die onreg teenoor haar arme, weerlose oupa uitwis. Aanvanklik slaag sy in haar doel – maar dit is voordat die sjarmante Donnie Meiring op die toneel verskyn en die strydbyl begrawe. En veral voordat sy ouer broer, Carl, wat niks met enigiemand wat ? rok dra te doen wil he nie, sy ware kleure wys. In Rabbedoe en rissiepit is Nell al een-en-twintig jaar oud en as sy besluit sy wil motorwerktuigkundige word, moet haar ouers maar verlief neem. Nell se reis na haar nuwe werk is vol wederwaardighede, maar sy leer nie maklik nie. ? Rissiepit, sy, maar ook hardekop! Gedurende daardie veelbewoe rit ontmoet sy iemand wat ? groot rol in haar lewe sou speel, maar sake verloop volgens niemand se plan nie. Ryk, selfversekerde Dewald vind die nuwe aankomeling op Kuilvlei oenskynlik nie onweerstaanbaar nie, en sy hom ook nie. Daar is te veel dinge in die weg van ? romanse tussen hulle twee. Een struikelblok is Badie . . . Badie – jeugvriend, toegewyde ridder, sjarmante hofmaker. Nell weier om die lasterlike dinge wat van hom gese word te glo. Daarvoor is haar vurige geaardheid te lojaal. As motorwerktuigkundige het sy ook nie juis tyd vir liefdesspeletjies nie. Maar die rabbedoe leer meer as werktuigkunde gedurende haar stormagtige leerlingskap. Ook van mense en van die liefde. In Die hart se tweede lente is ? gekletterde seekat, ? towenaar, twee Duitsers in ? koma, ? lang, groen, haarlose hond en ? twyfelagtige waarsegster maar enkele van die dinge waarmee Klara Verster op haar eerste oorsese vlug as lugwaardin te doen kry. Daarby help dit haar nie veel toe sy uitvind dat die man wie se sportmotor sy op pad lughawe toe gestamp het, haar kaptein op die vlug is nie. Adriaan Kirsten is egter net so oorbluf deur die blondine met die viooltjieblou oe wat net soos sy gewese verloofde lyk, wat hom so te se voor die kansel laat staan het. ? Humoristiese liefdesverhaal wat sommer weer vonk in die lewe sit.
Hettie of Hope Street
Автор: Annie Groves
Год издания:
A breathtaking tale set of one girl’s determination to triumph against the odds. From the bestselling author of Child of the Mersey and Home For Christmas.Hettie is an orphan, taken in by Ellie Pride and her husband to their Preston home and treated as one of the family. But she has never felt she truly belonged.Hettie has a special gift – a beautiful singing voice – and on the cusp of womanhood, she makes a choice that will alter the course of her life. Amid the bright lights of Liverpool, she will follow her dreams.But once there, the only way to survive is working in the kitchens of a restaurant. Until, by chance, she is heard singing by the owner…Whisked to London, Hettie is thrown into a theatrical and colourful world but one with a dark side, its young inhabitants haunted by the horror of the First World War, and stalked by the fear of the Depression to come.Then tragedy strikes, and Hettie must decide between her heart and her head, her duty and her desire…