Die soete dwaling
Автор: Helene de Kock
Год издания: 0000
In Die soete dwaling vlug dr. Dairus Deetlefs weg na Londen. Martine kan dit nie begryp nie, want sy het hom lief. Of het sy? In Londen ontmoet Dairus die misterieuse Sylvia Saunders. Dan is daar ook sy ma wat sy lewe so graag vir hom wil reel . . . ’n Vrou vir Ver-en-Naby is die liefdesverhaal van Laura Krause, ’n volwasse vrou, een wat al smart moes deurmaak en op soek is na innerlike vrede. Sy vlug weg, en is tussen ’n lewe toe en ’n lewe vorentoe. Maar dis moeiliker as wat sy dink, want hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie?
Soete verleiding
Автор: Helena Hugo
Год издания:
Koeksisters en kolwyntjies, melktert en pampoendol, rosynebrood, suikerbolletjies, lallimala, tameletjies, alles afgesluk met plaaslike wyne of Turkse koffie – dit is wat Sharise van Harte se teekamer jou bied. Want Sharise het met kos grootgeword. Na die dood van haar man was sy verplig om uit te spring en iets te doen. Daarom dat sy die teekamer op die rivierwal net buite Worcester gekoop het.Dat haar jeugliefde Jacques du Plessis na jare se verblyf in Frankryk weer sou terugkeer, kon Sharise nie voorsien nie. Hulle het destyds aan mekaar trou beloof, maar nou, jare later, lyk dinge heel anders. Sy is seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – al kom hy gereeld in die teekamer. Want sy was immers getroud. En hy het ’n verhouding met die model-mooi Suzette.