Найти книгу: "Kopskoot"


Kopskoot Kopskoot

Автор: Rudie van Rensburg

Год издания: 0000

Reeksmoordenaar, of wraak?
Toe iemand Kaapstad se ses en vyftigjarige mans begin afmaai, is dit kaptein Kassie Kasselman se dilemma. Dit wil darem baie na ’n reeksmoordenaar lyk – almal dieselfde modus operandi, almal dieselfde ouderdom ? maar Kassie is net nie oortuig nie . . . Boonop word hy aangese om ’n skouspelagtige skilderyvervalsing te ondersoek, asof hy nie genoeg regte werk het nie.
En dan’s daar die glibberige aktuaris met die voorliefde vir prostitute – en hy’s ook ses en vyftig ? wat die leisels van ’n groot maatskappy gaan neem, as sy afperser nie die oorhand kry nie. Sal Kassie sy aaklige nuwe gesondheidsdieet oorleef om te kan ondersoek hoe dit alles inmekaar steek?