Найти книгу: "Ons oorlog"


Ons oorlog Ons oorlog

Автор: Klaas Steytler

Год издания: 0000

Die vuur begin met geweldige drif in die huis te brand. Aan die westekant van die garingbome trek yl grys rook die lug in; die lappie winterkoring is ook brandgesteek. Oor ’n ruk sal net ’n swart tapyt agterbly.
Lenie trek al die registers uit en pomp die musiekie se twee pedale. Sy speel ’n psalm.
“Die vloekpsalm, Psalm 69, Leentjie. Die vloekpsalm.”
Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die oorlog in die Oranje-Vrystaat, om ’n deurleefde beeld te gee van die stryd tussen Brittanje en die Boererepublieke – die lot op plase, te velde, in konsentrasiekampe en Bloemfontein; en ook van die private stryd binne gesinsverband. In die familie is daar meelopers en bittereinders, geestelik weerbare vroue en weerlose kinders. Dit gaan ook oor “oorloe” wat op ’n oorlog volg – die onopgeloste konflikte na die sluiting van vrede.
Met deurstraalde eenvoud word ’n ontroerende tafereel van die verwikkeldheid en onontkombare droefnis van oorlog geskilder. Klaas Steytler se familieroman gaan oor ontberinge en byna ondraaglike smart, maar ook oor ’n soeke om die verlede te begryp, oor die invloed van vorige geslagte op nasate, en oor uiteindelike versoening.
Boereoorlogstories 2 Boereoorlogstories 2

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Die Anglo-Boereoorlog van 1899–1902 is helderder as ooit in die Afrikaanse leser se geheue. Verkope van die eerste bundel, getitel Boereoorlogstories, het alle verwagting oorskry en het reeds ’n tweede druk van die tweede uitgawe daarvan genoodsaak. In Boereoorlogstories 2 tree ook jonger skrywers tot die gesprek toe, onder andere Christine Barkhuizen Le Roux, Jaco Fouche en Gerda Taljaard. Die verhale van lyding en opoffering wat die eerste bundel gekenmerk het, word in die tweede bundel verbreed met ’n skerper blik op verraad. Die joiner en hensopper kom as uitgeworpene onder die soeklig (“Die groot gemis”, Dolf van Coller) maar ook as feilbare mens in vertwyfeling (“Was Oupa dapper?”, Lappe Laubscher; “Groete daar op Voorstevlei”, Jaco Fouche.) Die verkwikking van humor oor ernstige sake bly nie uit nie. Ook is daar erkenning vir die feit dat alle soldate van die Britse Ryk nie demone was nie (“Eenmaal was daar ’n goeie man”, Marita van Aswegen). En die Boer Gideon Scheepers – vir die Britse Ryk ’n rebel wat teregstelling verdien het vir sy verraad jeens sy regering – word geteken in sy barmhartigheid jeens ’n Engelse vrou op die platteland. So belig hierdie tweede bundel ’n nog wyer spektrum as die eerste in sterk verhale en ’n idioom wat die tydperk van die Anglo-Boereoorlog lewend hou: vir lesers met ’n voorkeur vir historiese verhale, maar ook vir enige leser wat die kortverhaalkuns waardeer.

Die oorlog kom huis toe Die oorlog kom huis toe

Автор: Helen Bradford

Год издания: 

In die Anglo-Boereoorlog is die stryd nie net op die slagveld nie, maar ook tot op plaashuise se stoepe gevoer. Die aanhouding van vroue en kinders in konsentrasiekampe was deel van 'n totale of volskaalse oorlog wat die Britse Ryk teen stryders en burgerlikes van die twee Boererepublieke geloods het.
Die haglike omstandighede en oorbevolking in die meeste kampe het tot duisende sterftes en onmeetbare lyding gelei. Die trauma van hierdie oorlog het verterende emosies onder Afrikaners losgemaak en sou in die toekoms 'n lang skaduwee werp. Die oorlog kom huis toe ondersoek die oorsake en verloop van hierdie tragiese gebeure.

Tannie Pompie se oorlog Tannie Pompie se oorlog

Автор: Deon Lamprecht

Год издания: 

In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio's ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed. Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur die gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val. Deon Lamprecht herskep die gebeure om 'n Swapo-hinderlaag in die gebied met 'n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kommandant Roland de Vries, bevelvoerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was. 'n Spannende en diep menslike storie wat wys daar is geen wenners in 'n oorlog nie.

Donker Stroom. Eugene Marais en die Anglo-Boereoorlog Donker Stroom. Eugene Marais en die Anglo-Boereoorlog

Автор: Carel van der Merwe

Год издания: 

Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugene Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oenskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon. Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau se in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.” Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en na die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?