Найти книгу: "Rooikop te koop"


Rooikop te koop Rooikop te koop

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 0000

Die rooikop-kunstenares Jennie Botha se lewe verander eensklaps toe sy haar ouers in ’n motorongeluk verloor. Skielik bly sy alleen agter in die imposante grasdakhuis op ’n kleinhoewe saam met haar drie blinkoog-bulterriers, hanslam, katte, hoenders, ganse en eende.
Haar vriend Thys, ’n belowende argitek, dring daarop aan dat sy die huis verkoop sodat hy vir haar ’n modern huis in die stad kan bou sodra hulle eers getroud is. Thys hou nie van diere nie en ook nie van tuinmaak nie. Verder is die kleinhoewe te ver van alles af; te ver van sy kantoor, kliente, kollegas en die teater . . . Hy is pynlik netjies en verkies eintlik blondines – vroulike meisies in rokke, kouse en hoehakskoene.
Jennie maak kennis met Roux van Zyl, ’n voornemende koper vir die huis. Hy is presies die teenoorgestelde van Thys: hy het deurmekaar hare en ’n halfdag oue stoppelbaard; hy wil graag die honde afrig en hou van rooikoppe in kakiebroeke en verfbesmeerde oorhangtruie. Hoewel Jennie en Roux aanvanklik nie stryk nie, leer hulle mekaar geleidelik beter ken en voel sy baie aangetrokke tot hom.
Die sprankelende, genotvolle verhaal van ’n grasdakhuis en sy rooikop-eienares, en van die bittersoet spel van die liefde.
Die rooikop van Sonnerus Die rooikop van Sonnerus

Автор: Susanna M Lingua

Год издания: 

"Elise Veldman, die beeldskone, vurige rooikoponderwyseres van Sonnerus, se liefde vir Armand van Rijn is besig om haar te verteer. Sy wou hom nie liefkry nie, het al trouens alles probeer om haar gevoel vir die aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, Die Wilgers, dood te smoor. Sy word verder getreiter deur sy reputasie as ’n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer, net vir eie afleiding en nooit omdat hy ernstig is nie. Elise is egter die een wat sy hart steel, maar sy vertrou nie sy liefde nie, al wil sy bitter graag. Sy kan en sal nie toelaat dat hy haar verneder nie, en tog kan sy nie die warmte van sy liefkosings weerstaan nie. Armand kan nie begryp waarom sy teen haar liefde vir hom stry nie. Toe verskyn Tersia Dreyer op die toneel. Sy is die Vrystaatse meisie, sy ouers se keuse vir hom, en aan wie hy, soos almal glo, oenskynlik verloof gaan raak. Die situasie maak Elise sielsongelukkig. As Armand haar, Elise, werklik so innig bemin soos wat hy se, waarom skenk hy so baie aandag aan Tersia? Elise besluit om haar te vereenselwig met die feit dat Armand nooit net aan haar sal behoort nie. Al wat sy kan doen is om die betroubare maar onopwindende dokter Piet Beukes, wat so lief vir haar is, te trou. Maar of die besitlike, vurige Armand dit gaan toelaat, is ’n ander saak . . ."

Die rooikop en die redakteur en ander stories Die rooikop en die redakteur en ander stories

Автор: Andre P. Brink

Год издания: 

In hierdie versamelbundel bring H&R vroee verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Voor die Sestiger-beweging en internasionale literere aansien het Andre Brink sy loopbaan begin as skrywer van spannings- en liefdesverhale met. Die vermaaklike stories in die bundel het gedurende die 50’s in die Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn. ’n Kombinasie van Brink se eiesoortige humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer en nuwe geslag lesers.