Найти книгу: "Die tuiskoms le ver"


Die tuiskoms le ver Die tuiskoms le ver

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 0000

Toe Ila Verster op Nelspruit van die trein afklim, is dokter Johan Retief die eerste man wat sy ontmoet. Hy bied aan om haar swaar tas te dra, maar sy se sy sal regkom, en op hierdie oomblik weet sy nie watter groot rol dokter Retief nog in haar lewe sal speel nie.
Sy hoor iemand roep: “Daniela!” en swaai verskrik om. Dit is Martin Niehaus en hy se onvriendelik: “Jou geheue is kort, liefste. Het jy vergeet ek wil jou nie op Rietendal he nie?”
Dit blyk dat hy haar aansien vir sy stiefsuster op wie hy verlief was. Sy is bang vir hom en sy gee vinnig pad van die bewegende trein. Martin se sy lyk presies net soos Daniela, maar sy slaag daarin om hom te oortuig dat sy nie Daniela is nie en hy doen ’n voorstel aan haar. Dit beteken dat sy Rietendal toe moet gaan, waar Daniela se pa al vyf jaar lank wag op sy dogter se terugkoms. Martin se aanbod sal vir haar baie geld in die sak bring, maar dit veroorsaak ook dat dokter Johan Retief haar verag en dit maak seer, want sy het intussen op hom verlief geraak.
Hoe kan sy Johan oortuig dat sy opreg is en dat sy nie regtig van plan is om te doen wat Martin van haar verwag nie?
Dokter Retief wil egter niks met haar te doen he nie, al vertel sy hom wie sy werklik is en waarom sy Martin se aanbod aanvaar het. Op die ou end bevind sy haar in lewensgevaarlike omstandighede.
Tuiskoms Tuiskoms

Автор: Irma Joubert

Год издания: 

In hierdie boek word ’n baie gewilde skrywer se lekkerlees-kortverhale vir die eerste keer byeengebring. Hier is ’n ryke verskeidenheid stories, onder meer oor geleenthede soos Kersfees, Vadersdag, ensovoorts, en liefde – in sy vele fasette uitgebeeld – is die gemene deler. In al die verhale is Irma Joubert se fyn waarnemingsvermoe merkbaar, asook haar intieme kennis van en deernis met haar karakters.

Die Skyn van tuiskoms Die Skyn van tuiskoms

Автор: Lina Spies

Год издания: 

Lina Spies se debuutbundel, Digby Vergenoeg (1971), is destyds bekroon met sowel die Ingrid Jonker- as die Eugene Marais-pryse. Hierdie keur is ’n erkenning en bevestiging van ’n belangrike en belee digterskap wat oor byna 40 jaar strek. Lina Spies skryf ’n gedig wat onmiddellik as haar eie geeien kan word. Sy skryf ’n persoonlike liriek met sterk biografiese inslag waarin onder meer familiefigure en jeugherinneringe sterk figureer. Die agttal bundels bevat benewens verse oor die liefde, reis, godsdiens, en ’n verknogtheid aan die aarde en aardse, ook verse oor kuns en figure (dikwels kunstenaars) met wie sy ’n sterk verwantskap voel en in wie se nood sy haar eie kan verreken. Sy skryf ook (naas Ingrid Jonker) van die mooiste liefdesverse in Afrikaans: van die stralende ontdekking van nuwe liefde tot die ontgogeling en ontnugtering van afskeid. Die keuse van gedigte uit haar agt digbundels is gemaak deur die digter Johann de Lange.

Talmende tuiskoms Talmende tuiskoms

Автор: Louisa du Toit

Год издания: 

Toe Irma de Wet die huis verlaat om van haar onhoudbare stiefma Matilda weg te kom, het sy nie gedink dat enigiets haar ooit terug sal laat keer nie. Sy is immers nou tuis in Johannesburg, het ’n goeie werk en eie woonstel en is verloof aan ’n man op wie sy baie verlief is. Sy probeer nie te veel dink aan haar pa en stiefsussie Tillie wat dit nog op die plaas met Matilda moet uithou nie. Dan, egter, is daar een oggend op kantoor ’n oproep wat al haar opgeboude sekerhede omverwerp. Dis Deon wat bel . . . daar het iets gebeur, en dis so ernstig dat hy dadelik ry om haar te kom haal. Min kon Irma weet dat die terugkeer nie gou sou wees nie, en dan onder veel ander omstandighede.