Найти книгу: "Die lang pad van Stoffel Mathysen"


Die lang pad van Stoffel Mathysen Die lang pad van Stoffel Mathysen

Автор: Christiaan Mathys Bakkes

Год издания: 0000

"My naam is Stoffel Mathysen. Deur my eie toedoen het ek alles verloor. Ek besluit toe om weg te loop."
’n Jong man wat voluit, roekeloos, met drif leef en glo dat hy onoorwinklik is. Totdat die onnoembare gebeur . . .
Die verteller bied sy verhaal met nugterheid en humor en self-ironie aan; hy praat oor sy medemens met insig en deernis. Stoffel Mathysen se wedervaringe as staptoerveldwagter en sy swerftog deur Afrika sal oud en jonk boei en geen leser onaangeraak laat nie.
Stoffel op safari Stoffel op safari

Автор: Christiaan Bakkes

Год издания: 

Vertelkuns soos die van Christiaan Bakkes is skaars in Afrikaans. Sy nuutste bundel – reeds die sesde in die Stoffel-reeks – omvat weer eens ’n veelheid fasette van sy lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland. Daar is boeiende diereverhale en hartverskeurende hondeverhale. Daar is die stories van gewone mense sowel as skatryk safarikliente. Daar is soldateverhale en ’n eenmanrebellie. Daar is boeke, musiek en stukkies geskiedenis uit Afrika, Amerika en Europa. Daar is die navorsingswerk van sy vrou Nina en die avonture van sekerlik die dapperste Jack Russell ooit, Tier met die tien lewens.Sedert die vorige Stoffel-bundel het veral een onderwerp in bewaringskringe op die voorgrond getree: renosterstropery. Bakkes spreek dit aan in drie verhale – insigryk, oorwoe en met humor. ’n Verhaal soos “Grense” toon by uitstek hoe hierdie skrywer nie bloot reis- of avontuurvertellings weergee nie, maar dat sy werk transendeer na iets meer, na die diepere betekenis van die ragfyn netwerk van verbintenisse waaruit ons lewe op hierdie planeet bestaan.

Stoffel in Afrika Stoffel in Afrika

Автор: Christiaan Bakkes

Год издания: 

Hierdie vyfde bundel oor die wel en wee van Stoffel Mathysen – veldkenner, bewaringskundige en safarileier – bied ’n nuwe invalshoek en nuwe ervarings. Hoewel hy reeds dekades lank in Suider-Afrika werk, neem sy ekspedisies na Midde-Afrika hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika. Om skatryk kliente op die gesogte gorillasafari’s in Uganda en Rwanda te begelei, is nie altyd so glansryk soos dit klink nie, maar met sy kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk maak Stoffel telkens daarvan ’n andersoortige avontuur. Deur dit alles en oor alles heen strek sy gedagtes en gesprekke in ’n durende poging om Afrika te deurgrond. Hierdie verhale volg opnuut ’n kronkelpad deur Stoffel se kleurryke lewe: sy vroee jare as wildbewaarder en sy werk as soldaat en teenstroper-veldwagter, sy tyd as WWF-beampte in die Kaokoveld, en sy huidige betrokkenheid in Damaraland by die bewaring van swartrenosters. Die leser leer ook die heel persoonlike Stoffel ken, saam met sy geliefde Nina en hulle troeteldiere – wat altyd sorg vir ’n krisis of twee!

Stoffel: die beste stories Stoffel: die beste stories

Автор: Christiaan Bakkes

Год издания: 

Christiaan Bakkes word onthou as die man wie se arm deur ’n krokodil afgebyt is in die Krugerwildtuin. Dit was ’n waterskeiding in sy lewe. Hy was linkshandig en het sy linkerarm verloor. Tydens rehabilitasie moes hy met sy regterhand leer skryf, en uit daardie pogings is Afrikaans se enigste werklike wildernisskrywer gebore. Met sy eerste boek, Die lang pad van Stoffel Mathysen, het Bakkes die Stoffel-persona geskep vir die oorvertel van ware gebeurtenisse in sy lewe. Nou, met Stoffel: die beste stories, word Bakkes se gunstelingverhale in een band byeengebring, treffend aangevul deur ’n fotoseksie in kleur. In sy kenmerkend ongekunstelde en humoristiese styl vertel hy van sy eerste wilderniservarings as kind, van sy dienspligjare en van sy werk as safarigids in Namibie. Hy vertel stories van die veld, van berge en bosse – as reisiger deur Afrika, met ’n stem soos geen ander in Afrikaans.