Найти книгу: "Kringe in 'n bos: Skooluitgawe"


Kringe in 'n bos: Skooluitgawe Kringe in 'n bos: Skooluitgawe

Автор: Dalene Matthee

Год издания: 0000

’n Houtkapper met ’n rustelose siel. ’n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop … In die groen skemerwereld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. ’n Man en sy dier-broer – saamgegooi in ’n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Hierdie boek is bekroon met die ATKV-prosaprys (1984).
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe)

Автор: Eleanor Baker

Год издания: 

In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met ’n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van ’n stadsgesin wat bestaan uit ’n vergeetagtige ma, ’n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul “Hollandse” hond, ’n huishulp wat presies weet wat sy wil he en ’n buite-aardse beskermengel met ’n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met ’n glimlag, baie van hom/haarself. “Ek het jou al vertel van my naam,” se Iris, die sentrale figuur in hierdie bekoorlike roman, “. . . ek glo ek sal eendag blom.”

Kringe in 'n bos Kringe in 'n bos

Автор: Dalene Matthee

Год издания: 

Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel – hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar 'n legendariese olifantbul – Oupoot – wat losbreek van sy trop … Oupoot en Saul het 'n vreemde band tussen hulle. In die groen skemerwereld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. 'n Man en sy dier-broer – saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Saul volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd sal verander.

Vlis met vlerke (skooluitgawe) Vlis met vlerke (skooluitgawe)

Автор: Annemari Coetser

Год издания: 

Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorle, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met die van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswereld gee: die “vlissie” kry vlerke.
Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.

Vlerkdans (skooluitgawe) Vlerkdans (skooluitgawe)

Автор: Barry Hough

Год издания: 

Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In ’n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in ’n skildery in die middel van ’n hoe sprong vasvang: soos ’n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en ’n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar).
Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.

Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe) Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)

Автор: Elizabeth Wasserman

Год издания: 

’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerower behoort. Maar waar le die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013).
Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.