Karoo-Kantate
Автор: Marie Heese
Год издания: 0000
Die verhaal van Jeanne Labuschagne – of Jannie Lappies – wat vir ’n kort vakansie uit ’n kinderhuis in Kaapstad gehaal word deur Stien Terblanche, en geneem word na die klein dorpie waar Stien se oom, ’n wereldbekende dirigent en komponis, woon. Jannie se lewe verander handomkeer wanneer die dirigent, Arnold Terblanche, haar pragtige sangtalent raaksien en besluit om ’n musiekstuk te skryf waarin sy die hoofrol sing. Die verhaal volg die voorbereiding vir die konsert, tesame met beide Jannie en Arnold se onderskeie emosionele wroeginge en spoke uit die verlede.
Karoonag
Автор: Deon Meyer
Год издания:
Lemmer se Eerste Wet: Moenie Betrokke Raak Nie. Hy moes daarby gehou het toe hulle in die stikdonker aan sy voordeur kom hamer het. Maar toe staan hy op, vat sy Glock 37 onder die bed raak en neuk met sy nuwe Ford Ranger die godverlate veld in. Want daar was ’n plaasaanval, en as hy help, is dit dalk een stappie nader aan aanvaarding op Loxton. Wat hy so graag wil he. En nou? Nou het “plaasaanval” ontvoering geword. Nou jaag hy soos ’n besetene om ’n skadumag te konfronteer, om driehonderd mense se lewens te red. Met ’n sekere wete dat die bloed vryelik gaan vloei voor hierdie Karoonag verby is. Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende sy baie gewilde vervolgverhaal “Stiltetyd”.