Wie met vuur speel
Автор: Deon Meyer
Год издания: 0000
Weens populere aanvraag, die heruitgawe van Deon Meyer se heel eerste spanningsroman! By ’n boekeveiling sien Ragel Bergh vir Dirk Buchner raak. Oornag verander haar bestaan, en na ’n naweek op Houwhoek weet sy sy is nog nooit so volledig bemin nie. Dan gebeur daar iets so ingrypend dat haar en Dirk se pad moet kruis met die van Ivan Malan, die man met die sagte stem en emosielose oe, opgelei deur die agente van die semi-militere Firma om mense te manipuleer of te elimineer. Sy opleiding as misdadiger kom handig te pas – hy het geslaag in vakke soos toneelspel, vermomming, vervalsing, seksuele uitbuiting, omkopery, afpersing, inbraak en swendelary. As die kennis nie help nie, bly die wapens onder sy huis langs die Weskus nog oor. Daar sal hy die “liasseerkabinet van die dood” ooptrek.
Om met vuur te speel
Автор: Lucille du Toit
Год издания:
Die brandbestryding-vlieenier Matt Marais se nuwe buurvrou, Sasha Harold, maak uit die staanspoor gevoelens in hom wakker. Nie een van die twee is egter in die mark vir ’n verhouding nie: Matt omdat hy nog die josie in is na die verbrokkeling van sy vorige verhouding, en Sasha omdat sy ’n wereld van moeilikheid agter haar laat. Boonop stem Matt nie saam met die wyse waarop Sasha haar drome wil najaag nie. Sasha met haar groot bruin oe laat hom aan ’n verterende vuur dink en as hy nie versigtig is nie, gaan sy hom vaskeer. Die hemel weet: Hy wil nooit weer sy vingers verbrand nie. Matt bly wonder: Hoekom het sy haar gerieflike lewe in die Kaap agtergelaat? Sal hulle vir mekaar ’n heenkome en veilige hawe kan bied?