Найти книгу: "'n Fontein voor ons deur"


'n Fontein voor ons deur 'n Fontein voor ons deur

Автор: Marita van der Vyver

Год издания: 0000

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.
En wat gebeur toe?
Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’eglise – Kerkstraat. Daaroor skryf sy in In die hart van ons huis.
En wat gebeur nou?
Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.
’n Fontein voor ons deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek. Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.
By fonteine langs By fonteine langs

Автор: Nina Smit

Год издания: 

“Mag God vanjaar jou lewe verkwik met sy reenbuie van seen en jou elke dag by fonteine langs lei!” Nina Smit begin haar dagboek deur God se seen oor jou uit te spreek. Wat ’n wonderlike manier om jou jaar te begin! Deur elke maand van die jaar loop jy ’n pad saam met haar om God se seen en voorspoed te ervaar. Uit haar vrouwees verstaan sy die psige van ’n vrou en so ervaar jy in hierdie dagboek troos, hulp en bystand in die kompleksiteit van jou daaglikse lewe. Sy inspireer jou om aan die begin van die jaar koning Salomo se gebed jou eie te maak: om saam met God die uitdagings te aanvaar en om gehoorsaam aan Hom te wees sodat jy elke dag sy liefdevolle teenwoordigheid in jou lewe ervaar.

Die Serfontein-kinders #6 Die Serfontein-kinders #6

Автор: Theunis Krogh

Год издания: 

Doktor Roelof Serfontein, miljoener, wereldbekende skrywer en hoof van Keurboslaan se beroemde seunskool, vind dit moeilik om die roman te voltooi waaraan hy reeds twee jaar lank skryf. Hierdie keer is dit sy eie vyf kinders wat hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik is. Die 14jarige Josef is die oudste, die maklike seun, maar Richard is duidelik sy pa se kind: effens teruggetrokke en sensitief. Die 8jarige Berrie se spontaniteit maak hom almal se maat, Diaan is waarskynlik die ‘normaalste’ kind, en Laetitia is geestelik en akademies heelwat ouer as vier jaar. Ook Karl, die aangenome seun van dominee Goosen, sowel as Tessa, wat haar man dokter Eugene Krynauw om kinderagtige redes verlaat het, se teenwoordigheid op Keurboslaan stel doktor Serfontein se geduld deeglik op die proef.

Jong Doktor Serfontein #1 Jong Doktor Serfontein #1

Автор: Theunis Krogh

Год издания: 

In hierdie eerste boek van die Keurboslaanreeks ontmoet ons die jong doktor Roelof Serfontein wat as verdwaalde en dodelik siek vreemdeling op Keurboslaan naby die Swazilandse grens beland. Die bejaarde hoof van hierdie vervalle kosskool versorg die jong man met die misterieuse verlede en red sy lewe. Dr Serfontein besluit daarna om op Keurboslaan te kom werk as adjunk-hoof om daar fisiese en emosionele heling te soek. Onder sy bekwame hand word die skool gou opgebou tot een van die beste seunsskole in die omgewing en die indruk wat hy op die seuns maak laat hulle ’n nuwe lus vir die lewe vind. Alles verloop egter nie vlot nie en leerlinge soos Oscar Wienand sorg vir genoeg kattekwaad om die nuwe hoof ’n behoorlike vuurdoop te gee!

Klassiek reeks: Magersfontein, O Magersfontein! Klassiek reeks: Magersfontein, O Magersfontein!

Автор: Etienne Leroux

Год издания: 

’n Film- en TV-span kom op Magersfontein aan onder leiding van lord Sudden en lord Seldom om ’n film te maak oor die slag van Magersfontein tydens die Anglo-Boereoorlog, op 11 Desember 1899. By die geleentheid het die Skotse generaal Andrew Wauchope sy lewe verloor. Op tipiese wyse slaag hierdie veelbekroonde skrywer daarin om ’n wye verskeidenheid van uiteenlopende karakters bymekaar te bring en, hoe vergesog die gegewe ook al, alles tot ’n eenheid saam te bind. Nie net die twee lords se filmspan en begeleiers kry lewe voor ons oe nie, maar ook die historiese figure wat verbeeld moet word: Wauchope, De la Rey, Methuen, Cronje. ’n Ryp en veelduidige satiriese roman wat die leser enduit sal boei.

Verliesfontein Verliesfontein

Автор: Karel Schoeman

Год издания: 

Verliesfontein is die eerste roman in die drieluik Stemme wat begin is, en die laaste wat voltooi is. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dit oor die Suid-Afrikaanse verlede, en meer spesifiek die verlede van die Afrikaner, soos beskryf in die woorde van diegene wat dit self ervaar het. Die sentrale gegewe in hierdie roman is die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900-1901, tydens die Anglo-Boereoorlog. Eerste aan die woord is ’n skrywer-verteller, ’n historikus in die hede op soek na ’n spesifieke dorpie in die Kaapkolonie wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur ’n Vrystaatse kommando ingeval is. Die aanvanklike fokus van sy navorsing is die Kaapse rebel Giel Fourie, maar deur die herinneringe van drie karakters uit die verlede verskuif die fokus geleidelik na die bruin man Adam Balie wat deur die Boeremagte doodgeskiet is. Die drie “stemme” is die van Alice, ’n Skotse meisie wie se pa die magistraat was, Kallie, die magistraatsklerk, en Miss Godby, die dokter se suster.