Найти книгу: "Oorkom jou vrees"


Oorkom jou vrees Oorkom jou vrees

Автор: Benescke Janse van Rensburg

Год издания: 0000

Oorkom jou vrees is die vierde boek in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel. Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beinvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Oorkom jou vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook ’n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God. Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op ’n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.
Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai

Автор: De Wet Hugo

Год издания: 

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word? Die eerste titel in 'n heerlike nuwe reeks grilstories vir jong lesers.