Найти книгу: "Agter die skerms"


Agter die skerms Agter die skerms

Автор: Christo Gerlach

Год издания: 0000

Met hierdie ware verhaal onthul die akteur en televisie-vervaardiger Christo Gerlach die skokkende werklikhede agter die glans van die vermaaklikheidsbedryf.
As kind moes Christo die papawers uit sy ouma se tuin ruk omdat sy oupa in die Volksblad gelees het dat die blom 'n bron van opium is. Jare later sou Christo homself moes ruk uit die kloue van 'n kokaiene-verslawing.
In sy soms pynvol eerlike verhaal vertel hy van sy soeke na die liefde en aanvaarding wat sy pa nooit vir hom gegee het nie, van hoe hy TV-ster geword het in reekse soos Piet-my-vrou, Sterretjie en Transkaroo, en later vervaardiger van top-reekse soos Idols, Glitterati en Tonge los. Hy ontbloot sonder skroom wat agter die skerms van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf aangaan. En hy praat ook reguit oor sy verslawings aan kokaiene en Stilnox.
En dan is daar die skim van Alfredo – die man wat in sy donkerste ure deel van sy vernietiging was. Christo se reis neem hom van die donkerte tot 'n plek waar genesing kan begin – 'n nuwe lewe van selfaanvaarding.
Romanse agter die skerms Romanse agter die skerms

Автор: Helena Hugo

Год издания: 

Colette kyk elke maand in haar gunsteling-tydskrif wie hierdie keer die held van die maand is. In ‘n kompetisie wat net so gewild soos Idols is, wen een gelukkige meisie ‘n naweek saam met daardie maand se held op ‘n romantiese gasteplaas. Colette glo nie juis so ‘n afpaar vir ‘n naweek – boonop met die media konstant naby – kan baie romanties wees nie. In ‘n konkelary, skryf haar vriende by die tydskrif vir Colette in en sorg dat sy ‘n week wen saam met die Desemberheld: Emile. Maar Emile is juis die een man saam met wie Colette nie wil wees nie. Want hy het al haar hart gebreek. En sy kan hom nie verdra nie. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de La Roche wat Colette se hart sal verower? Romanse agter die skerms is weer ‘n lekker verhaal uit Helena Hugo se pen – hierdie keer met ‘n spook of twee wat lesers lank sal vermaak.

Agter die berge Agter die berge

Автор: Tryna du Toit

Год издания: 

Agter die berge: Na ’n skeiding van vyf jaar ontmoet Veronica Eybers weer haar gewese man by ’n kunsuitstalling. Ou emosies en ideale herleef en sy begin haar jarelange kokon van afsydigheid af te skud – maar om uitdagings te aanvaar en meer skeppend te leef, kos durf.

Skadujagter Skadujagter

Автор: Dihanna Taute

Год издания: 

"Chimera – ’n monster in jou kop. Wie luister? Hoor hoe hy jou gedagtes fop. Is dinge anders as wat jy kan onthou? Omdat die monster reeds aan jou memories kou? Voor die meester jou analyze, doen dit self en vat hom by surprise. Anders is jou dokter, soos myne, ook ene Fitzpatrick, en sit jy, nes ek, ook in Psychiatric!"– Skadujagter. 17 jarige Heibrandt bevind homself in 'n buitengewone skool, waar hy gedurig deur streng sekuriteit dopgehou word. In groepsterapiesessies word hy aangemoedig om sy lewensverhaal te vertel. Geleidelik ontvou die nagmerrieverhaal van hoe hy hier beland het – met 'n verband om die gat in sy kop. Hierdie sielkundige riller is 'n spanningsvolle reis waarin die grense tussen werklikheid en hallusinere beelding getoets word terwyl ons die ontrafeling van Heibrandt se psige beleef.

Liefde agter tralies Liefde agter tralies

Автор: Carla van der Spuy

Год издания: 

Johann Nel, die Skierlik-moordenaar, gevonnis tot 168 jaar gevangenisstraf, vind liefde. Die jong vrou trou met hom, teen alle raad… Dit is ver van die enigste geval van so 'n verhouding. Van diewe tot geweldsmisdadigers – selfs moordenaars – vind liefde agter tralies. Sulke mense word dikwels as monsters beskou, maar vir diegene wat op hulle verlief raak is hulle «die liefde van hul lewe», of word hulle soos familie word vir mekaar. Die bekende misdaadskrywer Carla van der Spuy gesels met mense wat hierdie onwaarskynlike soort liefde self ervaar het. Daar is die bruid in boeie, tot sewe jaar gevonnis vir moord; die swendelaar wat sy lewe omgekeer het met die steun van sy nuwe liefde; mense in die tronk wat verstom is om liefde te vind op onverwagte plekke. Sy gaan klop ook aan by kenners en kyk na wat sulke verhoudings agter tralies dryf.