Dokter Julene
Автор: Ena Murray
Год издания: 0000
In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nog hy nog sy vrou van veertig jaar het egter van die dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig ’n tydelike pos as persoonlike geneesheer van ’n verwende Turkse meisie wat haar rug in ’n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net ’n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wereld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van die Turkse stad . . .
Dokter sonder grense
Автор: Malene Breytenbach
Год издания:
Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitere organisasie Dokters sonder Grense werk. Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor. Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat hom oortuig het om by Dokters sonder Grense aan te sluit, ook in Sierra Leone is. Heimilik wil sy ook vir Louis gaan soek – ten spyte, of eerder as gevolg van hulle geskiedenis. Daarom dat sy vir Spies Lategan, geharde voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, kry om haar te help om die dokters te probeer kontak. Maar Spies is’n ladies man en moeilik om mee saam te werk. Te midde van die chaos en gruwels van oorlog, en die gevaar waarin sy dikwels verkeer, moet Clare boonop deur emosionele storms worstel.
Dokter Dierbaar
Автор: Anita du Preez
Год издания:
Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Die ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Sy sal nie maklik vir die skade kan betaal nie en is totaal uit die veld geslaan toe dokter Venter haar werk aanbied. Sy aanvaar die aanbod, maar dis nie lank voor sy besluit om eerder te bedank nie. Paul Venter mag aantreklik wees, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo. . .
'n Vrou gaan dokter toe
Автор: Ray Kluun
Год издания:
Stijn en Carmen het alles – hulle is jonk, ryk, mooi, vervuld in loopbaan en liefde en het ‘n pragtige jong dogtertjie. As yuppies in kosmopolitiese Amsterdam is die wereld hul speelplek. Dan kry Carmen kanker. Terwyl sy optimisties die chemoterapie en bestraling ondergaan, ontvlug Stijn deur affairs en partytjies. Maar net om ook te staan te kom voor die finale eise van die lewe en die liefde.
Skitternag vir dokter Vasti
Автор: Rykie Roux
Год издания:
Van hul eerste ontmoeting was daar ’n magnetiese aantrekkingskrag tussen dokters Vasti van Vuren en Frits Spies. Maar Vasti sou dit nooit eens oorweeg om toe te gee aan die onuitgesproke gevoelens tussen hulle nie. Daarvoor gooi haar pa se siektetoestand te ’n lang skadu oor haar lewe. Daarom het sy ja gese toe dokter Jacques Hugo haar vra dat hulle verloof raak, maar sy het nie daarmee rekening gehou dat Frits Jacques se beste vriend is nie. Toe Jacques onverwags en skokkend sterf terwyl Vasti in Mosambiek noodlenigingswerk doen, is Frits die een wat tussenbeide tree. Want net hy weet van sy vriend se donker verlede, en hy is vasbeslote om Vasti daarteen te beskerm.