'n Man van min belang
Автор: Chris Karsten
Год издания: 0000
Naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012)
Op ’n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder die wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van ’n obskure intelligensieafdeling, bemoeid met die identifikasie van die oorskot van die wat verdwyn het tydens die geweldadige doodsnikke van apartheid, en die opsporing van hul moordenaars. ’n Naam in ’n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, mariene bioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom, en na die jaar toe Luca sy pa verloor het.
Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. Seisoen van sonde was ook op die kortlys vir die M-Net Filmtoekenning. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se ontwaking. Hy is ’n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van twee kinderboeke (Floris sapiens en Die jokkie wat met perde kon praat), sowel as Human & Rousseau se Ware misdaad-reeks. ’n Man van min belang is die naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd (2012). Hy woon deesdae in Kanada, omdat sy vrou na veertig jaar in Suid-Afrika ook ’n tyd in haar geboorteland wou gaan bly.
In landsbelang
Автор: Quintus van der Merwe
Год издания:
Na twee jaar gevangenisskap in Togo weens wapensmokkelary word Johan Castelyn onverwags vrygelaat – op voorwaarde dat hy as diplomaat in Parys op die nuwe ambassadeur, Nerine Cloete, sal spioeneer. Kort voor haar aanstelling was Nerine, ’n lid van die opposisie, op die punt om ’n wapenskandaal oop te vlek. Nou moet sy egter buite partyverband optree – en Johan is daar om seker te maak dit gebeur.Terwyl die kantoor van die SA staatspresident ontken dat die staatshoof in Parys was, doen gerugte die rondte dat daar foto’s bestaan van hom saam met ’n prostituut ten tye van die wapenonderhandelings. Die media berig dat die hoofonderhandelaar spoorloos verdwyn het. En vreemde ongelukke val diegene te beurt wat skynbaar betrokke was… Nerine besef dat die ambassade rekords sou hou van die wapenonderhandelings en Johan word teen sy sin betrek in ’n soektog na bewysstukke. Waartoe wend jy jou wanneer jy vermoed die staatspresident lieg? Hoeveel moet verberg bly? En watter optrede is geregverdig – mits dit geskied “in landsbelang”?