Bloeisels in die wind
Автор: Schalkie van Wyk
Год издания: 0000
“Ek hou hiervan – ’n seenimfie in my arms, wat die golwe vir my uitgespoel het. En nou is jy myne . . . ek wonder wat ek met jou gaan doen?” Sonja Retief kyk in die groot, donker man se gesig en sy wonder weer eens watter kleur sy oe is, want hulle word steeds versluier deur sy digte wimpers. Sy kan nog die kolkende water van die branders op haar voel, die soutwater in haar mond proe, en histerie wil-wil haar weer oorval. Maar die hitte van sy liggaam teen hare bring ’n skielike warmte in haar, stuur ’n rilling van opgewondenheid deur haar hele wese. Arno Landman . . . dis wat haar ouma Hannah hom genoem het, maar hoe ken sy hom? “Arno Landman, van die plaas Erfdeel?” het haar ouma gevra en vir die eerste keer in haar hele lewe het Sonja haar ouma sprakeloos gesien. Hoekom het die jongman so ’n uitwerking op haar ouma gehad, en vanwaar ken sy hom? Hierdie vrae sou nog baie keer deur Sonja se gedagtes warrel voordat sy eindelik die antwoorde daarop sou kry. En sy sou leer dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie. Dat ouderdom nie noodwendig ’n skans om ’n mens bou wat jou vrywaar van die pyn wat so lank, lank gelede in jou binneste gebore is, maar wat jy nooit werklik vergeet het nie.
Bitter bloeisels
Автор: Ettie Bierman
Год издания:
Rothea Beukes kan haar man staan as dit moet. Maar sy vind spoedig uit dat sy nie ’n kans staan teen die groot Duitser, Dieter Richter, nie – want sy het nie die geld en die mag van die Richters om teen hulle te kan veg nie. En die prys wat sy gaan verloor? Klein Albie Richter, seun van haar suster Barbara en haar man Ernest, wat in ’n botsing gesterf het. Die Richters eis voogdyskap oor die klein seuntjie en verwag sy moet hom sonder meer aan hulle oorhandig. Toe gryp Albie in. Hy sit so ’n keel op toe Dieter hom kom haal, dat hy verplig is om Rothea na die familieplaas, Schloss Hoffnung, saam te nooi. Sy het geen ander keuse nie. Sy moet ter wille van Albie gaan. En dit is goed ook, want daar is allerhande geheimsinnige onderstrominge op die plaas aan die gang. Daar is Ilse Bauer wat op Dieter verlief is en Rothea wil wegkry; daar is mevrou Olga Richter wat haar ongasvry en vyandig behandel; maar daar is ook Carl Richter wat haar vriendelik ontvang en behandel. Die ergste is egter die aanslae op Albie se lewe. Wie sal so ’n klein kindjie se dood verlang? En waarom? Rothea het haar vermoedens en sy wens Dieter het haar nooit hierheen laat kom nie. Sy wil wegvlug, want sy het hier verlief geraak en vrees vir haar eie lewe, maar sy kan nie. Sy is verantwoordelik vir Albie se veiligheid. Daarom bly daar vir haar net een ding oor: sy moet die aanvaller aan die kaak stel. Bitter bloeisels is ’n spannende liefdesverhaal vol intrige.