Oase van geluk
Автор: Ena Murray
Год издания: 0000
Om saam met jou jonger suster bekend te staan as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens, is miskien nie so sleg nie. Maar as jou sus skielik halsoorkop verlief raak en trou, is dit seker net normaal dat mens self ook begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. Soos haar sus Martina, vind Isolde uiteindelik ook geluk, maar eers nadat sy ’n behoorlike vuurdoop beleef aan die hand van haar nuwe swaertjie Kobus se ouboet Zak daar op hul afgelee Karooplaas . . .
Skynglans van geluk
Автор: Christine le Roux
Год издания:
Skynglans van geluk is die verhaal van Elise, ’n jong Suid-Afrikaanse skrywer wat al geruime tyd in Amerika bly en dan inwillig om in ’n regisseursvriend se nuwe film te speel. Sy is egter onthuts toe sy ontdek dat die manlike hoofrol gespeel sal word deur ’n bekende filmster vir wie sy nie veel ooghare het nie.
Dink jouself gelukkig
Автор: Pieter van Jaarsveld
Год издания:
Romeine 12: 2 “…maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe…”
Met Dink jouself gelukkig wys die wereldbekende spreker Pieter van Jaarsveld jou hoe jy jou lewe kan omkeer. Die inspirerende boek: • Ontbloot ondermynende mites oor geluk • Verduidelik dat vreugde vir alle mense beskore is • Wys hoe jy jou brein kan herbedraad • Inspireer jou tot ’n positiwe ingesteldheid • Bevat die nuutste navorsing en tegnieke
Skerwe van geluk
Автор: Louisa du Toit
Год издания:
De Wet Vermeulen se ouers is dankbaar toe sy aanneemsuster, Madie, ook ? pos in die stad aanvaar. Dan kan die twee tog na mekaar omsien. De Wet se modelmeisie stel hoe eise, terwyl Madie verlief raak op die geheimsinnige Theo Lendorf. In plaas van mekaar by te staan, raak De Wet en Madie toenemend van mekaar verwyder.
Pad na Geluk
Автор: Moryn Hanzen
Год издания:
Nina neem ’n blaaskansie van haar besig lewe as haarkapper en -stilis in Pretoria om haar ouma Anita Kalahari toe te neem waar sy by haar jarelange vriend, oom Chris, wil gaan kuier. Maar Nina sou nooit kon raai dat die pad na die plaas Geluk haar ook na oom Chris se kleinseun, Ian, sou neem nie – die aantreklikste man wat sy nog ooit gesien het. Vir die eerste keer in haar lewe kry ’n man dit reg om haar voete onder haar uit te slaan. Maar ’n verhouding tussen hulle sal tog nooit werk nie. Nina is ’n stadsmeisie en Ian is ’n boer in murg en been. Sy sal nooit op ’n plaas in die halfwoestyn aard nie. Nina moet maar liewer teruggaan na die standvastige Carl wat haar gesoen het voor sy uit Pretoria weg is – al is hy so koel en korrek. Buitendien blyk dit dat Ian steeds vir sy vriendin Zanelle gevoelens het . . . Watter ander rede kan daar tog wees dat Zanelle se verloofde agterdogtig is oor hom?
'n Gelukkige kind
Автор: Dr. Pieter van Jaarsveld
Год издания:
Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie! Dr. Pieter van Jaarsveld, 'n internasionele spreker en kenner op die terrein van positiewe denke, verduidelik in hierdie omvattende ouerskapgids hoe kinders se koppe werk en hoe jy 'n gelukkige en gebalanseerde kind kan grootmaak. Die boek wys dat dit wel moontlik is om duidelike grense te stel, terwyl jy jou kinders met liefde, respek en koestering grootmaak.