In gesprek met God
Автор: Milanie Vosloo
Год издания: 0000
Hierdie lieflike gebedeboek is die ideale geskenk vir vroue van enige ouderdom. Die sewe onderafdelings: Waar’s U?; In stryd met God; Gevind; Ontmoetings; Stukkende ek; Met God in pyn en Tuiskoms is tydlose gebede vanuit Milanie Vosloo se hart. Die g
God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles
Автор: George Claassen
Год издания:
Die vraag of God bestaan, waar alles vandaan kom en wat die sin van ons lewe op aarde is, is so oud soos die berge. In die boek antwoord bekende Suid-Afrikaners, twaalf gelowiges en twaalf ongelowiges, die diepste vrae van die mens se bestaan met verstommende openhartigheid.Afrikaanse meningsvormers le hul diepste oortuigings bloot: die skrywer Antjie Krog, die teoloog Christina Landman, die digter Breyten Breytenbach, kommentator Rhoda Kadalie, skrywer Cecile Cilliers en tv-persoonlikheid Dave Pepler. Hul antwoorde verras: by van die ongelowiges is daar partykeer vonke van geloof, en by van die gelowiges skaduwees van twyfel.Die twee samestellers maak ook ’n ongewone paar: die wetenskapsjoernalis George Claassen, ’n uitgesproke ongelowige, en die oudpredikant Frits Gaum, ’n oortuigde Christen. Hul indringende vrae word reguit en roerend eerlik deur die bydraers beantwoord. Die uiteenlopende bydraes bring vars perspektiewe tot die godsdiensdebat en beloof om groot reaksie in die Afrikaanse media te ontlok.
Gesprekke oor die lewe
Автор: Izak de Villiers
Год издания:
Die alomgeliefde spreker en skrywer ds. Izak de Villiers se laaste preke is in hierdie inspirerende bundel saamgevat. Die preke, wat nog nooit gepubliseer is nie, is uitgesoek en verwerk deur Amanda Botha, ds. Izak se letterkundige eksekuteur en self ’n bekende in boekkringe. Die preke is meestal tussen 2007 en 2009 by die NGK Aasvoelkop gelewer.
Ds. Izak se preke is, soos lesers hom leer ken het, prakties en gerig op moderne mense se daaglikse lewe. Sy fokus is telkens op die wonderlike hoop van die evangelie, wat ons bemoedig en inspireer. Hy onderstreep die kleinheid van die mens en die grootheid van God, maar wys hoe God hom oor ons ontferm sodat ons kan weet dat ons nooit alleen is nie.
Gesprek sonder einde
Автор: Chris van der Merwe
Год издания:
Waar pas die mens in by God se verhaal? En watter keuses kan ons maak in hierdie drama waarvan ons medeskrywer is? Hieroor tree Chris van der Merwe op ’n baie toeganklike wyse in gesprek met sy lesers. Hy bespreek van die vrae wat ons gereeld pla. Hy praat oor die kerk en die mense om ons, oor ideologiee, oor dit wat is en wat was en wat kom. En hiervoor roep hy die Bybel, die Christelike tradisie asook C.S. Lewis en N.P. van Wyk Louw as getuies in. Soos enige hartgrondige, luisterende gesprek oor God, word ook hierdie een, onafwendbaar, ’n gesprek met God.
Die tronkgesprekke
Автор: Willie Esterhuyse
Год издания:
Dis 1984. PW Botha is desperaat. As Nelson Mandela in die tronk sterf, gaan die land ontplof. Mandela, Prisonier 913, weet dat 'n vryheidstryd se uitkoms afhang van of daar met «die vyand» gepraat word. Kobie Coetsee, minister van justisie, weet dat 913, amptelik 'n gevaarlike gevangene, 'n belangrike leier is wat dringend vrygelaat moet word. In opdrag van Botha begin die enigmatiese Coetsee in die geheim met Mandela praat, die eerste uit die NP om dit te doen. Hulle word spanmaats in 'n ingewikkelde proses op soek na 'n skikking. Boonop sonder die kennis of toestemming van die kabinet. Skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self betrokke by gesprekke tussen die ANC en die NP, vertel saam met Gerhard van Niekerk die onvertelde verhaal van die onbesonge helde van die oorgang. Mense soos Adele de Waal en Winnie Mandela. Maar veral Coetsee en Mandela, sonder wie se waagmoed daar geen skikking sou wees nie.