Найти книгу: "Skoenlapper"


Skoenlapper Skoenlapper

Автор: Irma Venter

Год издания: 0000

Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanie bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat se Dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reen en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoener op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?
Hy kom met die skoenlappers Hy kom met die skoenlappers

Автор: Valda Jansen

Год издания: 

“Jy sit op ’n brander en dink jy gaan in een rigting, dan stoot die onderste oseaan en slaan die branders ’n ander rigting in. Jy verloor jou bewussyn. Die volgende oggend, jare later, word jy wakker op ’n vreemde strand. Jy staan verdwaas op en wil dieselfde rigting in stap wat jy van vroeer onthou, maar die pad is weg, die deur is toe, die een wat jy onthou is nie daar nie, jy kan nie terug nie. Jy staan verdwaas op. Jy het verdwaal, hy het verdwyn. Ek kan nie onthou hoe ek hier beland het nie. Of hoekom.” Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ’n ander vurk in die pad geneem? Wat sou gebeur het as? As? In die diep ontroerende novelle toor die skrywer soos ’n alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ’n liefdesroman, ’n elegie aan die verlore liefde. Die verteller verlang terug na Anders, na Jena, na Duitsland. Maar die verlede spoel ’n mens rond soos die see. Nou is dit te laat. Vir altyd te laat. ’n Uitsonderlike debuutroman deur Valda Jansen.