Die Speletjie
Автор: Francois Bloemhof
Год издания: 0000
Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie, want noudat dit begin het, kan dit nie gestop word nie, en as dit eers jou naam het . . . Iemand is reeds onverklaarbaar dood, en Wouter en sy vriend Koekoes moet vinnig dink aan ’n uitkomkans, anders is dit neusie verby – nie net vir hulle twee nie, maar vir almal wat hierby ingesleep is.
Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
Автор: De Wet Hugo
Год издания:
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wereld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgevaarlike uitdagings wag op hom . . . 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!