Найти книгу: "Saartjie se geveg (#9)"


Saartjie se geveg (#9) Saartjie se geveg (#9)

Автор: Bettie Naude

Год издания: 0000

Saartjie en haar vriende het tien dae skoolvakansie en hulle benut dit ten volle. Die Drie Muskiete gaan “deps” sappige ingevoerde turksvye by ’n kwaai oom wat openlik se hy sal enigiemand wat hom besteel lewendig afslag – en ons heldin kry meer as waarvoor sy haar reggemaak het. Hierna stel die rabbedoe vir haar boetie ’n valstrik in hul sitkamer, maar dan kom mevrou Dominee kuier en dinge loop lelik skeef. Saartjie begin ernstig wonder of sy nie maar liewer ’n non moet word nie. Gelukkig daag die sirkus weer in Lynnekom op en sy vergeet vinnig van haar sorge, want die sirkusleeu ontsnap uit sy hok en juffrou Baumann maak van aangesig tot aangesig met hom kennis! ’n Paar dae later maak ’n wegloperhondjie sy opwagting in Saartjie en Apie se lewens. Hulle wil hom albei dolgraag he, maar kom ooreen dat die brakkie self moet besluit wie sy baas gaan wees. Intussen kla ’n knorrige nuwe buurman dat die hond dissipline geleer moet word – nes Saartjie-hulle!
Saartjie se verjaardag (#19) Saartjie se verjaardag (#19)

Автор: Bettie Naude

Год издания: 

’n Dogtertjie met polio, Clara, kuier op Lynnekom. Sy het soveel karakter en gees dat sy almal betower en gou kruip sy diep in Saartjie-hulle se harte. Clara se suster, Carolina, is Clara se held en sal enigiets doen om haar te help – selfs al beteken dit dat sy ’n belowende musiekloopbaan moet prysgee sodat hulle ouers Clara se mediese onkostes kan bekostig. Saartjie en Carolina moet mekaar die stryd aanse by die jaarlikse kunswedstryd. Carolina moet wen, anders verloor sy die geld wat sy by haar oom geerf het om met haar musieklesse voort te gaan – maar sal sy die briljante Saartjie kan uitstof met haar klavierspel? Op die vooraand van Saartjie se sestiende verjaarsdag verrig sy uiteindelik ’n daad van welwillendheid wat Lynnekom nog lank aan die praat gaan he.

Saartjie se wedstryd (#23) Saartjie se wedstryd (#23)

Автор: Bettie Naude

Год издания: 

Saartjie is kaptein van die netbalspan, maar moet nou kies tussen Anna en Magriet le Roux om in die span te speel. Almal plaas druk op haar en om alles te kroon, moet die span in een van die belangrikste wedstryde nog speel.

Saartjie se held (#8) Saartjie se held (#8)

Автор: Bettie Naude

Год издания: 

Saartjie wil ’n grap vir ’n tydskrif instuur om ekstra sakgeld te verdien, maar sy kan skielik nie aan een dink nie. Sy vra ten einde raad Apie se hulp. Die klein platjie kom dadelik met ’n goeie grap vorendag, maar wat nou gemaak as ons heldin die prysgeld wen? Moet sy dit dan met haar boetie deel? Anna koop ’n oulike affenkie om mense mee poetse te bak en die Drie Muskiete het groot pret daarmee. Die hele Baumann-gesin loop onder andere deur, maar dit veroorsaak meer konsternasie as wat Saartjie verwag het en Apie beland in groot moeilikheid. Lynnekom se rabbedoe daag die seuns uit om teen hulle meisies netbal te speel, maar Galpil en sy maats ken net rugby en op die ou end durf die twee spanne mekaar sonder enige spelreels aan. Intussen is Saartjie ook baie opgewonde oor ’n nuwe fliek van haar gunsteling Hollywood-ster wat binnekort vrygestel gaan word.

Saartjie se nuwe maat (#5) Saartjie se nuwe maat (#5)

Автор: Bettie Naude

Год издания: 

Die Drie Muskiete maak kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan doen – en selfs nog beter! Ons heldin laat haar nie so beledig nie en dit lei tot ’n kragmeting met ’n verrassende einde. Verder is daar ook nog ’n strooptog in ’n vrugteboord en ’n tante wat op ’n baie ontydige tyd kom kuier – om nie te praat van die onmin tussen die Muskiete nie. Gaan die meisies uitmekaar spat noudat hulle op hoerskool is?

Saartjie (#1) Saartjie (#1)

Автор: Bettie Naude

Год издания: 

Ons ontmoet Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oe. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as Die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ’n klein niksnuts genaamd Muggie. Saartjie reel ’n konsert om geld vir liefdadigheid in te samel en skryf haar eie toneelstuk daarvoor, maar dinge loop nie heeltemal soos beplan nie. ’n Paar dae later sluip sy en haar maats in by ’n bouvallige ou huis waar ’n kluisenaar jare gelede dood is en ontdek ’n geraamte en ’n ysterkis. Hulle het skaars van hierdie avontuur herstel wanneer Saartjie besluit om te gaan heuning uithaal. Die bye steek hulle egter nie so erg soos die arme hoenders op ’n nabygelee kleinhoewe nie! Die laaste dag op laerskool aap Saartjie tot almal se vermaak party van die onderwysers na en dan moet sy aan ’n debat teen ’n seun deelneem. Ja-nee, sy is beslis ’n besige meisie!