Etosha
Автор: Piet van Rooyen
Год издания: 0000
Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet goed sy dae is getel. Hy staan in die pad van die nuwe regering se planne vir ontwikkeling en vooruitgang. Met sy Anti-Poaching Unit (APU) probeer hy sy geliefde diere beskerm, onbewus oor hoe die groep oud-soldate sy opdragte uitvoer. In die afgelee ooptes van die park maak hulle ’n wildstroper wreed dood. Die wildstroper is die hoofman van ’n Himba-stam en Justus Tjambiro se pa. Die renosterhoring wat hy laat val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy seun se universiteitsopleiding. Justus keer terug uit die stad om sy pa op te spoor. Wanneer hy sy pa se lyk vind, neem hy hom voor om sy pa se dood te wreek op die bevelvoerder van die APU – Karel Fechter.