Marike se laaste dans
Автор: Deborah Steinmair
Год издания: 0000
Die verteller, Maud, sien van kleinsaf dinge wat nie daar is nie. Bedags word sy bloots gery deur «lukrake visioene en snags deur ingewikkelde drome». Wat sy gedeeltelik in hierdie roman verhaal, is niks meer as een van hierdie drome nie, maar sy vertel ook van werklike dinge in haar lewe: moederskap, liefdesverhoudings, periodieke werkloosheid.
Must plaaster
Автор: Eduard Bornhohe
Год издания:
Die laaste karretjiegraf
Автор: Athol Fugard
Год издания:
Athol Fugard het met die koms van sy tagtigste verjaarsdag besluit om ’n toneelstuk in sy ma se moedertaal te skryf, soos sy hom jare gelede gevra het. Met behulp van Riana Steyn se kennis en navorsing oor die karretjiemense het hierdie toneelstuk tot stand gekom.
Dit is die verhaal van die Geduld-gesin, wat, na die dood van hul ouma Mieta, haar in die Karoo-veld onder klippe begrawe, soos die gebruik onder die karretjiemense is. Haar kleinkinders se enigste vooruitsig blyk die plakkerskamp naby Colesberg te wees. Hul pa, Koot, was op sy dag die voorste skaapskeerder, maar nou is hy in die tronk vir die moord op hy sy tweede vrou. Na sy vrylating spoor Sarah, ’n navorser wat jare gelede met die gesin te doen gehad het, hom op. Saam neem hul bestekopname van die karretjiemense se verlede en toekoms.
Die Laaste sewe dae
Автор: Murray Janson
Год издания:
Die Bybel praat van eeue en jare en maande en weke en dae. Maar meestal van dae, omdat selfs die eeue tog ook maar dae is. Tog lees ons in die Bybel ook van weke wat stadig verbygegaan het omdat hulle so vol was, of wat eintlik nooit verbygegaan het nie. Een so ’n week was die laaste week van Jesus se lewe op aarde, toe Hy al die pyn en smart, al die hoon en haat van hierdie wereld gely het. Tog was die laaste week uiteindelik vol blydskap: Die son het weer opgekom oor die nuwe more van die opstanding. En uit die skeur in die aarde het die Lewensvors gestap, vol genade vir al ons weke. Omdat Hy in daardie week vir alles gely het, kom Hy om ons uit te lei uit ons weke van smart na sy weke van genade, na sy ewige liefde. Nou kyk ons terug op daardie laaste week. Maak ons die week weer dae. Want dit was oorspronklik dae, sewe dae van Sondag tot Saterdag, sewe dae van gebeurtenisse en smart. Die laaste sewe dae gee vir ons ’n blik op Jesus se voetspore dag na dag deur die laaste week van sy lyding op aarde. Murray Janson vat die gegewens uit al vier die Evangelies chronologies saam om ’n aangrypende geheelbeeld te vorm van daardie dramatiese laaste sewe dae.
Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf
Автор: Группа авторов
Год издания:
Best Books Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Die laaste karretjiegraf, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam se, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: inleiding tot die drama; opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde; na elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde; antwoorde op alle vrae word verskaf; die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts; literere begrippe, simbole, styl, ensovoorts; verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker; ’n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets; alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Die laaste karretjiegraf, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.