Найти книгу: "Go'el Yisra'el"


Go'el Yisra'el Go'el Yisra'el

Автор: Marzanne Leroux-Van der Boon

Год издания: 0000

Dis Januarie 2010 en Marc en Henok is in Pole vir Bevrydingsdag. Rivkah het enkele dae vantevore teruggekeer uit Haiti waar sy as paramedikus deel was van MADA, Israel se Rooikruis, se noodreddingsoperasie na die aardbewing. Marc kan nie van die gevoel ontslae raak dat daar groot fout is met Rivkah nie – sy het vreemd opgetree toe hy en die seuntjies haar op die lughawe gaan haal het. Wat steek sy weg? Opdragte en beloftes Die Koning wat weer kom
Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel Tiferet Yisra'el. Die roem van Israel

Автор: Marzanne Leroux-Van der Boon

Год издания: 

Die bekende hoofkarakters uit die vorige boeke in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks word weer in hul geliefde land blootgestel aan die geweld van stedelike terreur en die vyandigheid van die omringende nie-Joodse lande. Marc word weer opgeroep, hierdie keer vir militere diens in Gasa. Skadu’s van Suid-Afrika se eie gewelddadige samelewing val ook oor Marc wanneer sy ma ’n slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word. Wanneer hy terug in Stellenbosch is, sien hy weer sy jeugliefde, Nicola. Boonop maak Henok Kambungu ’n verrassende ontdekking wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, Sarah. Skokkende herinnerings van ou Zvi, ’n Holocaust-oorlewende, laat die leser algaande besef waarom die Israeli’s so verbete vasklou aan hul beloofde land.

Shomer Yisra'el. Beskermer van Israel Shomer Yisra'el. Beskermer van Israel

Автор: Marzanne Leroux-Van der Boon

Год издания: 

Dis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit. Marc, Rivkah en hul babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. Wanneer die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar wat hy is, beslis opgeroep gaan word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is, terwyl sy brand om as paramedikus haar deel tot die land se verdediging by te dra. Dit is iets wat Marc ten sterkste afkeur. Terselfdertyd maak hulle kennis met Henok en Sarah Kambungu, twee Suid-Afrikaners wat hulle op hul eerste besoek aan Israel midde-in ’n oorlog bevind. Henok dra na dertig jaar nog swaar aan sy donker herinnerings van die Kassinga-slagting gedurende die grensoorlog in Namibie. En terwyl die oorlog rondom hom woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan. Hoe gaan hy bekend maak dat Yeshua wel die Joodse Messias is, en wat gaan die gevolge van die belydenis wees? Shomer Yisra’el is die derde roman in die gewilde Israel-reeks.