Найти книгу: "grond/Santekraam"


grond/Santekraam grond/Santekraam

Автор: Ronelda S Kamfer

Год издания: 0000

Met die nuwe bundel verse vestig Ronelda S. Kamfer haarself opnuut as hoogs talentvolle en denkende digter in Afrikaans. Die landskappe Klippenkust en Skipskop figureer in die gedigte, en ook die karakters Klippie Klip-kop en Sara-Slim-meisie, en Herrij Autshumao en Van Riebeeck. Skeepswrakke onderwater word simbool van verledes wat nooit opgediep is nie. En “oorvertel” van die geskiedenis word uiteindelik “andervertel”, met ironie, fyn humor en ’n spel met taal. grond/Santekraam is ’n uitsonderlike bundel, en verryk die huidige kanon van Afrikaanse poesie.
Bloedgrond Bloedgrond

Автор: Malene Breytenbach

Год издания: 

Grondeise tref die gemeenskap van Nieu-Skotland in Mpumalanga. Dit, en die ou seer van die uitwissing van ’n gesin, het almal op hol: Daar’s stadskind Erin wat nou haar familie moet kom ondersteun, oud-soldaat Andrew Buchanan, wie se gesin jare gelede uitsonderlik wreed uitgemoor is, die plaasadel-MacFarlanes met hul spogplase, wrokkige werkers met verbintenisse in hoe plekke en die plaaslike polisiediens – nie aldag ewe bedrewe of eerlik nie, maar sersant Elsie Redelinghuys vat nie nonsens nie.Dan word ’n bekende boer vermoor. Is dit ’n “gewone plaasmoord”, verbind aan die smagting na land, ’n plekkie van jou eie – of skuil hier iets anders? Waarom is die grond van Nieu-Skotland so deurdrenk van bloed?

Talia vat grond Talia vat grond

Автор: Melissa Scharneck

Год издания: 

Na amper 10 jaar se wegsteek en regpraat is genoeg genoeg, besluit Talia. Die man moet gaan. Maar binne ’n jaar besef sy dit is makliker om te skei as om klaar te kry. Sente tel, ’n vuil kombuis en eensame staptogte in die plattelandse stof is die belonings vir haar egskeiding. Om nie te praat van haar lus vir die lewe wat erens langs die pad in die stof gebyt het nie. Maar net toe Talia besluit dat boedel oorgee en asemhaal genoeg is, slaan een van haar skoliere se storie haar wind uit. Tussenin onbetaalde rekeninge, haar laslapgesin se streke en ’n Griekse god wat haar vuil gedagtes gee, moet Talia help vasplak wat gebreek is agter die meisie se ribbes. As dit nie vir ’n handjie vol goeie mense, wortelkoek en groot glase rooiwyn was nie . . . Daar’s dalk nie tyd vir skottelgoed was nie, maar tyd vir grondvat, dit maak ’n mens.

Die grondbaron Die grondbaron

Автор: Schalkie van Wyk

Год издания: 

In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . .

Ridders van die grondpad Ridders van die grondpad

Автор: Deon Meyer

Год издания: 

Nuwe horisonne wink om elke draai wanneer die gewilde misdaadskrywer Deon Meyer en die fotograaf Adriaan Oosthuizen die land se mooiste grondpaaie begin verken. Hulle vertel van die interessante karakters langs die pad en die uitdagings wat hulle moes trotseer in hul soeke na avontuur en asemrowende landskapstonele.
Hul gunstelingroetes strek oor feitlik die hele Suid-Afrika en is gerig op sowel ervare as aspirantgrondpadryers. Die roetebeskrywings lees soos reisverhale en elkeen bied iets nuuts om te ontdek: 'n dramatiese pas, kronkelende riviere, pragtige ou plaasgeboue of 'n afgelee stuk Karoo-pad.
Die boek bevat ook 'n rygids wat die teorie agter avontuurtoer op grondpaaie verduidelik. Dit verskaf handige wenke, onder meer hoe om regop te bly op 'n sanderige pad, hoe om veilig deur slote en stroompies te kom, hoe om 'n noodstop te doen en hoe om ongelukke te vermy.
– Meer as 30 roetes word beskryf en gegradeer – Aangrypende landskapsfotografie – Kleurvolle kaarte illustreer elke roete – Gids met praktiese wenke vir grondpadry