Wolwedans in die skemer
Автор: Leon van Nierop
Год издания: 0000
Wanneer Sonja Daneel na ’n motorongeluk bykom, ly sy aan geheueverlies. Sy onthou net die wolf voor haar in die pad. Sonder ’n idee van wie sy is of waar sy vandaan kom, ontmoet sy die mense van Hotel Njala op die plaas Wolwedans in die Hazyview-distrik en besef dat sy ’n ruk gelede aansoek gedoen het vir werk hier. Maar hoekom spesifiek by die hotel waar die tyd gaan stilstaan het? Gou kom sy agter dat sy tevore, op die een of ander duister manier, by die hotel en sy mense betrokke was. Dan volg daar aanslae op haar lewe deur ’n geheimsinnige Rooikappie-figuur wat die hotel met ’n byl terroriseer. Sy raak terselfdertyd verlief op die loslit-toergids Ryno Lategan. Maar gou besef sy dat niemand in die hotel is wat hy of sy voorgee om te wees nie. Hazyview word boonop geteister deur buitengewoon hoe misdaad. Dit is hoe luitenant Conrad Nolte by Wolwedans betrokke raak. Hy besef dat, indien hy hierdie saak nie vinnig oplos nie, meer mense as net Sonja kan sterf. Wolwedans in die skemer het in die vroee jare tagtig ’n miljoen luisteraars op Springbok Radio betower. En nou is dit terug, gegrond op Leon van Nierop se rolprentdraaiboek en herskrewe radioverhaal op RSG wat die storie in ’n moderne gedaante klee – met dieselfde skokkende geheime wat opnuut vra om ontrafel te word, die slag met ’n nuwe, makabere kinkel . . .
Liefde in die skemering
Автор: Lizet Engelbrecht
Год издания:
Monique se passie is verpleging en haar pasient, die ryk ou Matty Olsen, se welsyn is haar enigste prioriteit – of dit was totdat sy vir Joseph ontmoet het. Hy is ’n man met geheime en ’n misterieuse geskiedenis. Hy’s net moeilikheid, en sy probeer holderstebolder om die emosies dood te druk wat sy onsekere bruin oe in haar aanwakker. Maar Joseph is ’n gas in oom Matty se huis en toe hy oornag “kleinkindstatus” verkry, kom Monique se handskoene af – sy duld nie fortuinsoekers nie! Sy weet Joseph wil oom Matty net gebruik om agter die kap van die byl te kom wat sy eie geskiedenis betref, terwyl sy tot die dood vir oom Matty sal veg.Vonke spat tussen die twee uiterstes: Joseph wat op soek is na ’n verlede en sy wat hare probeer vergeet. Hulle is gewikkel in ’n wedloop teen die waarheid, en Monique moet byna met haar lewe boet . . .
Skemeruur
Автор: Susanna M. Lingua
Год издания:
Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in ’n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy ’n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . en ware liefde.
Vyf-en-veertig skemeraandsange
Автор: Breyten Breytenbach
Год издания:
’n Nuwe digbundel deur een van Afrikaans se heel grootste digters is altyd ’n gebeurtenis, en vyf-en-veertig skemeraandsange is ’n besonderse toevoeging tot die merkwaardige oeuvre van hierdie meesterdigter. In sy jongste bundel (volledige titel: vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte) kom die leser weer eens onder die indruk van Breyten Breytenbach se verbluffende hantering van beelde, vind ons weer eens die belangrikste motiewe in sy werk – die magiese spel met die taal en die woord self, die dans, liefde, verganklikheid.
Skemerspel
Автор: Helene de Kock
Год издания:
In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jong boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Maar is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?