Lelie van die laagte
Автор: Helene de Kock
Год издания: 0000
Mia Dijkstra, pas klaar met die kweekskool, en haar veel jonger suster, Karien, se geldelike situasie is benard sedert hul ouers oorlede is. Om te kan oorleef, neem hulle hul intrek in hul tante se huis op Stellenbosch. Die buurman is Tom Muller, ’n teologiese student wat eers laat in sy lewe gaan leer het en kritiseer Mia op ’n manier wat haar hare laat rys. Hy is egter aantreklik en soms is hy reg. Daar is ook Karel de la Harpe, ’n gawe wynboer . . . Gaandeweg vind die susters tog uit dat daar werklik ’n Hand is wat hul lewe beheer. Hulle raak eindelik tevrede met die feit dat hul albei eintlik ’n “lelie van die laagte”, of ’n gewone meisie is. Iemand wat moet blom waar sy geplant word.
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe)
Автор: Eleanor Baker
Год издания:
In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met ’n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van ’n stadsgesin wat bestaan uit ’n vergeetagtige ma, ’n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul “Hollandse” hond, ’n huishulp wat presies weet wat sy wil he en ’n buite-aardse beskermengel met ’n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met ’n glimlag, baie van hom/haarself. “Ek het jou al vertel van my naam,” se Iris, die sentrale figuur in hierdie bekoorlike roman, “. . . ek glo ek sal eendag blom.”
Die leliemoordenaar
Автор: Lerina Erasmus
Год издания:
Haat vir jou het my dag vir dag aan die lewe gehou, Harm. Vir soveel jare het ek net vir hierdie oomblik gelewe . . . vir so lank sien ek al daarna uit. Dis nou tyd, so laat ons begin. Johannesburg, 1985. Twee boesemvriende – ondersoekende joernalis Braam Brink en weermagman Adam Williams – ontmoet vir ontbyt by ’n plattelandse kafeetjie naby die Hartbeespoortdam. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsjare; kort daarna verdwyn hy tydens ’n ekspedisie in Angola. Braam begin ondersoek instel, maar dan word sy liggaam in sy huis gevind. Die bevinding is selfmoord. Dertig jaar later volg topspeurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n berugte reeksmoordenaar. Hy slaan klokslag elke drie weke toe, en span sy web al hoe nouer. Hou die moorde verband met ’n figuur uit Daniella se verlede . . . en met die dood van haar pa dekades vantevore?