Найти книгу: "Soekers na die son"


Soekers na die son Soekers na die son

Автор: Ena Murray

Год издания: 0000

Toe ou Nols Retief, die patriarg van Paradys, op rype ouderdom sterf, is almal hartseer maar geensins verbaas nie, want hy het ’n vol en regverdige lewe agter die rug – daarvan kan sy seuns Helgard en Arnold, en sy skoondogters Elise en Rita en ook hulle kinders getuig. Maar op die dag dat sy testament gelees word, bars die bom. Heeltemal onverwags word die sondes van die vaders (en die moeders!) geopenbaar, en moet elkeen van die kinders – Nols junior, Isabe en Janneman – skielik bitterlik swaar dra aan die gevolge van hul ouers se dade – gevolge wat ook tot in die volgende geslag gevoel sal word . . .
Die fortuinsoekers Die fortuinsoekers

Автор: Lerina Erasmus

Год издания: 

“Die mens is ’n verbasende wese, dink hy, om tegelykertyd soveel botsende emosies te kan ervaar en verwerk. Aan die een kant het hy nou met doelgerigtheid ’n man se dood beplan. Dit bevredig hom. Verraad vir verraad.” Dis die goudstormloop van die 1880’s in Johannesburg. Hebsug, verraad en passie is aan die orde van die dag. Die sewentienjarige Deborah von Albein word gedwing om hul familieplaas in die Karoo te verlaat en na die Goudstad te verhuis. Dis hier, terwyl sy onverwags as hul gesin se broodwinner optree, waar sy boonop moet kies tussen Kit Malloy, ’n ambisieuse dobbelsaloneienaar, en Karl Mannheim, die eksentrieke erfgenaam van die Mannheim-fortuin. Malloy se ambisie kom hom egter duur te staan wanneer sy onderhandelinge met Paul Kruger bots met die ideale van Cecil John Rhodes. En Karl Mannheim se obsessies bereik ’n breekpunt wanneer die vooruitsig van ’n volmaakte toekoms een nag aan skerwe spat. Onvermydelike konfrontasies volg. En so begin die drieluik van Die Mannheim-sage . . . Gebaseer op die gewilde radio- en TV-reeks deur die bekende aktrise en skrywer Lerina Erasmus.