Найти книгу: "Speurhond Willem en die seerowers"


Speurhond Willem en die seerowers Speurhond Willem en die seerowers

Автор: Elizabeth Wasserman

Год издания: 0000

Adriaan se ma wen ’n reis op ’n passasierskip teen die Ooskus van Afrika op. Willem gaan saam – versteek in Adriaan se drasak. Toe seerowers die skip naby Madagaskar gyselaar neem is dit Willem wat tot die redding kom. Op die koop toe gaan soek Willem en Adriaan ‘n versteekte skat op die piepklein eilandjie, Tromelin.
Willem Dafoe в рубрике Ильи Либмана Willem Dafoe в рубрике Ильи Либмана "Актеры Голливуда".

Автор: Илья Либман

Год издания: 

Willem Dafoe – американский актёр театра, кино и озвучивания. Четырёхкратный номинант на премию «Оскар», «Золотой глобус» и премию Британской киноакадемии. Получил всемирное признание благодаря роли сержанта армии США Элайаса Гродина в фильме «Взвод», а также благодаря своим главным и второстепенным ролям в таких картинах, как «Миссисипи в огне», «Последнее искушение Христа», «Английский пациент», «Святые из Бундока», «Тень вампира», «Не пойман – не вор», «Отель „Гранд Будапешт“» и роли Зелёного гоблина в трилогии о Человеке-пауке.

Willem Poprok Willem Poprok

Автор: Derick van der Walt

Год издания: 

Die Van Vuurens van Pretoria besit die Blou Bul Slaghuis in die Mall. Daar is drie seuns en ‘n laatlam-sussie. Die hoofkarakter is die jongste seun, Willem, wat ’n besondere band met sy jonger sussie het.Ondanks druk van sy pa om as rugbyspeler uit te blink, wil hy eerder kunsklasse loop. Hy is ook verlief op Oom Ravi, sy pa se vennoot, se dogter Alesea.Teen die agtergrond van die “Pa van die Jaar”-kompetisie, waarvoor die seuns hulle pa inskryf, speel die alledaagse bestaan van die deursnee Afrikaanse gesin af. Dis ’n boek sonder “issues” en sedepreke: Net ’n lekker storie oor ’n seun wat groot word.

Speurhond Willem in die ruimte Speurhond Willem in die ruimte

Автор: Elizabeth Wasserman

Год издания: 

Na hulle vorige avonture in Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld neem Willem en Adriaan se nuutste sending hulle die keer na selfs meer onbekende terrein: die Internasionale Ruimtestasie! Voor jy kan se “gespikkelde spanjoel” is Willem en Adriaan op pad Baikonoer toe; in Kazakhstan, vanwaar hulle in ‘n Sojoes-ruimtetuig gelanseer word. Iets skort met die Internasionale Ruimtestasie se suurstof-toevoerstelsel. Kan dit wees dat ‘n saboteur hier doenig is?

Speurhond Willem in New York Speurhond Willem in New York

Автор: Elizabeth Wasserman

Год издания: 

Adriaan en Willem, sy speurhond-troeteldier, se vyfde avontuur saam speel af in die stad van geel taxi's, wolkekrabbers en warmbrakke! Toe Willem een middag daarop aandring om gebad te word, kry Adriaan dadelik snuf in die neus. Kort daarna skryf Willem homself vir 'n hondekompetisie in, en toe Adriaan hoor die eindronde word in New York gehou, word sy vermoedens bevestig: die Internasionale Speurdiens benodig weer Willem se dienste.

Willem Poprok (skooluitgawe) Willem Poprok (skooluitgawe)

Автор: Derick van der Walt

Год издания: 

Partymaal draai die lewe anders uit as wat jy dit in jou wildste drome voorgestel het. Vir Willem van Vuuren is die hoerskool eerder ’n nagmerrie as die avontuur waarop hy gehoop het. Want almal eis hulle pond vleis van hom: Daar is die vreemde karakters in die kunsklas waarin hy per ongeluk beland, die rugbyspan waarin hy ter wille van sy pa se Twickenham-knie moet vasbyt, en die simpel kompetisie waarvoor sy broers hul pa wil inskryf. Hallo – hulle pa! Dalk is juffrou Blom reg: Partymaal moet jy jou eie kop volg. En sy behoort te weet, want sy kan ’n rugbybal skop dat dit klein word. Willem Poprok is bekroon met ’n Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur (2009), die M.E.R.-Prys vir Jeugliteratuur (2011) en die Scheepersprys vir Jeugliteratuur (2013).
Hierdie skooluitgawe van Willem Poprok is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.