Droomdelwers
Автор: Esta Steyn
Год издания: 0000
Teen die agtergrond van soutmyne en granietkoppe vertel Droomdelwers die verhaal van twee klein gemeenskappe aan die Weskus, Soutmansvlei en Vlaktevlei. Hier word die lewens van armes en rykes, van wit en bruin, ten nouste verweef . Hier loop uiteenlopende karakters rond, elk met sy eie storie. Soos oom Keppies se: “ Hy’s soesie see, soes ’n branner. Voorlat jy hom kan vasvat, sien jy net sy skymstriep oppie sand le.”. Maar nog voordat die skuim op die sand le, word die rustige lewensloop van “die sout van die aarde” skielik bedreig. Hulle kom te staan voor ’n oormag. Daar is net een uitweg na vrywording vir almal: om in die verlede te delf waar die antwoord op vreemde raaisels so ver en en tog so naby le.
Best Books Studiewerkgids: Droomdelwers
Автор: Группа авторов
Год издания:
Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam se, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: • ’n Opsomming van die verhaal. • ’n Bespreking van die basiese kenmerke van die roman, aan die hand van die teks. • Agtergrondinligting en annotasies. • Hoofstuk-vir-hoofstuk opsommings, vrae en assesseringstake, met plek vir leerders se antwoorde.