Найти книгу: "Rabbedoe se temmer"


Rabbedoe se temmer Rabbedoe se temmer

Автор: Elza Rademeyer

Год издания: 0000

Rykmansdogter Vicky Webster het nog nooit ’n steek werk in haar lewe gewerk nie en weet nie eens hoe om ’n eier te kook nie. Na haar pa se dood, kom sy met ’n skok agter dat hy hulle bankrot geboer het met sy uitspattige leefstyl en skielik het sy ’n sent in die bank nie. Wat nou? Gelukkig kruis haar pad met die aantreklike Wouter Hoyt wat haar voete onder haar uitslaan en sommer ook vir haar werk in hul huishouding aanbied. Maar die hoof van die huis, Pierre, is egter glad nie beindruk nie en het boonop ’n baie jaloerse meisie. Dit kos Vicky fyntrap en baie wolhaarstories om haar werk te behou, maar haar rabbedoe-streke steek kort-kort kop uit. Sal een van die mans hierdie rabbedoe kan tem?
Rabbedoe van Rietkuil Rabbedoe van Rietkuil

Автор: Ena Murray

Год издания: 

In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou”, Nicolette, se betowering nie. Maar sy het ’n bokskampioen van ’n kerel wat dik briewe aan haar skryf – en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . . en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in ’n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere.

Rabbedoe en rissiepit Rabbedoe en rissiepit

Автор: Ettie Bierman

Год издания: 

Sy is al een-en-twintig jaar oud en as sy besluit sy wil motorwerktuigkundige word, moet haar ouers maar verlief neem. Nell se reis na haar nuwe werk is vol wederwaardighede, maar sy leer nie maklik nie. ? Rissiepit, sy, maar ook hardekop! Gedurende daardie veelbewoe rit ontmoet sy iemand wat ? groot rol in haar lewe sou speel, maar sake verloop volgens niemand se plan nie. Ryk, selfversekerde Dewald vind die nuwe aankomeling op Kuilvlei oenskynlik nie onweerstaanbaar nie, en sy hom ook nie. Daar is te veel dinge in die weg van ? romanse tussen hulle twee. Een struikelblok is Badie… Badie – jeugvriend, toegewyde ridder, sjarmante hofmaker. Nell weier om die lasterlike dinge wat van hom gese word te glo. Daarvoor is haar vurige geaardheid te lojaal. As motorwerktuigkundige het sy ook nie juis tyd vir liefdesspeletjies nie. Maar die rabbedoe leer meer as werktuigkunde gedurende haar stormagtige leerlingskap. Ook van mense en van die liefde.