Tweegevreet
Автор: Zirk van den Berg
Год издания: 0000
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seevier, moet hy dit, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning en stof tot nadenke.