Найти книгу: "Onderwereld"


Onderwereld Onderwereld

Автор: Fanie Viljoen

Год издания: 0000

Onderwereld is die Silwer wenner in die 2007 Sanlam-prys vir Jeuglektuur in die kategorie vir Afrikaans.Greg Owen is hoofseun by die privaat seunskool, Lawson Kollege, waar Eckardt, ‘n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ‘n band tussen hulle. Eckardt is ‘n bedrewe rekenaar hacker en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom onwillekeurig in ‘n gevaarlike avontuur intrek. Met Ekhardt se skielike en geheimsinnige verdwyning begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het bevraagteken.
Best Books Studiewerkgids: Onderwereld vir Gr 12 Huistaal Best Books Studiewerkgids: Onderwereld vir Gr 12 Huistaal

Автор: Группа авторов

Год издания: 

Best Books Studiewerkgids: Onderwereld
Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe roman? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Onderwereld, die voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word hierin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys.
Wat maak ons studiewerkgidse anders?
Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam se, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
Inhoud van hierdie studiewerkgids
• ’n Karakterlys. • ’n Bespreking van die tekskenmerke van ’n jeugroman. • Hoofstukopsommimgs, -besprekings en kontekstuele vrae. • Inhoudsvrae per hoofstuk vir eksamenvoorbereiding en informele assessering. • Formele assessering, literere opstelle en toetse.
Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Onderwereld, die goedgekeurde voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaans Huistaal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za. [HYPERLINK]