Скачать книгу - Stof


Twintig jaar na die Hardskip. Die wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son. Op Kylemor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar-man wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor na haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las. Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van die regime. Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal en ’n aards-poetiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Die debuut spruit uit ’n cum laude-meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.