![]() | “Want die liefde wonder nie – dit weet.” Die soete dwaling: Dr. Dairus Deetlefs se ma probeer om sy lewe – en ’n huwelik met Martine – vir hom te reel. Hy vlug na Londen en sy ouers kan dit nie begryp nie. Daar ontmoet hy iemand uit sy verlede: die misterieuse Sylvia Saunders. Seisoen van die skimmelson: Madel studeer sang in Beiere en moet haar jeugliefde agterlaat. Net tydelik, so glo sy. Sy besef egter mettertyd dat sommige besluite jou oor ’n afgrond kan stuur. Anderkant die vloedwaters: Dr. Bernard Linde voel hy benodig standvastigheid: Die tyd het aangebreek om ’n vrou te vind. Een stormnag laai hy ’n vreemde vrou op – en net so skielik verdwyn sy. Een ding weet hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.’n Vrou vir Ver-en-Naby: Laura Krause wonder wat sy moet doen om uit haar moeilike huwelik met Simon te ontsnap. Sy het nie antwoorde nie, en vat die pad. Hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie? Miskien le die antwoord by ’n onverwagse afdraai en ’n koppie tee op Clarens. |