![]() | Toe traumaberader Aria Brink vir Reuben Rademeyer by ’n partytjie ontmoet, wonder sy waarom hy vir haar so bekend lyk. Sy het die uitvoerende hoof van Medline, die hospitaalgroep waar sy haar praktyk bedryf, mos nog nie vantevore teegekom nie . . . Van een ding is sy wel seker: dat daar onmiddellik ’n sterk aangetrokkenheid tussen haar en die mooi man is. Maar dan verskyn sy meisie aan sy arm en dit blyk dat hulle op die punt staan om verloof te raak. Dieselfde aand is Reuben in ’n ongeluk betrokke en Aria word ontbied om vir hom berading te gee. Skielik onthou sy: Reuben was as student by toe haar suster, Ansu, verdrink het. En Aria het die groep studentevriende van Ansu, wat haar nie kon red nie, steeds nie vergewe nie. Aria wil tot elke prys verhoed dat Reuben uitvind wie sy is. Trouens, sy wil niks meer met hom te doen he nie. Maar die noodlot gooi hulle telkemale weer saam. |