Скачать книгу - Vertrou nie op prinse


Wanneer Louise le Roux van die buiteland terugkeer, verwerf sy ? droompos – as kuratrise van een van die belangrikste private kunsversamelings in Suid-Afrika. Gou is dit duidelik dat iets nie pluis is in die versameling van die Schoongelegen-herehuis nie. Haar ondersoek na die ongerymdhede ontwikkel in ? nagmerrie wanneer haar lewe bedreig word. Haar taak word verder gekompliseer deur die wisselvalligheid van haar verhouding met die twee aantreklike mans op Schoongelegen, die enigmatiese Ryk Hofmeyr – magnaat, wynboer, kunskenner – en die seunsagtige Martin, sy privaatsekretaris, wat duidelik been-af op Louise is. En verder is daar die Contessa, wat ? onpeilbare verbintenis met albei mans het . . . Louise se vertwyfeling oor wie om te verdink en wie om te vertrou word vererger deur die vertwyfelinge van haar eie hart.