![]() | Nanette van Rooyen se roman Chinchilla vertel die boeiende verhaal van Lea, wat in reaksie op huishoudelike geweld waartydens sy ? kind verloor, vanuit Swakopmund terugkeer na haar geboorteplaas in die Roggeveld. Te midde van Bastos die chinchilla-slagter, Zacharias die obsessiewe valkenier, Krisjan die Simpatieke en Mirjam die dorpsbanshee, begin sy haar helingsproses . . . “Chinchilla is ? andersoortige teks met ? eie tematiek, ? eie ritme en ? eie taalidioom. Kortweg, dit is besonders.” – Henning Snyman |