![]() | Krokodil aan my skouer is Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vroee vormingsjare. In ses bundels sedert 1998 het lesers hom leer ken deur sy Stoffel Mathysen-persona. Vandag is hy bekend as ’n gesogte safarigids en gerespekteerde natuurbewaarder, maar mense onthou hom steeds as die man wie se arm in die Krugerwildtuin deur ’n krokodil afgebyt is – ’n gebeurtenis wat sy lewe verander het. Vir die eerste maal vertel Stoffel ook die volle verhaal van sy jaar grensdiens in die Wes-Caprivi en ontbloot so ’n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. En hy kondig sy nuwe oorlog aan: die stryd teen renosterstropery. |