![]() | Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil he dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers en ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken. Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat ’n leesgids met • inligting oor die skrywer • ’n inleiding tot die roman • literere begrippe • hoofstukopsommings en woordelyste • vrae en antwoorde • assesseringsriglyne |