![]() | Leserskring het in samewerking met By en RSG hul lede, lesers en luisteraars gevra om vir hul gunstelinggedigte in Afrikaans te stem. Hierdie boek bevat die 100 gewildste gedigte, soos aangewys deur liefhebbers van die digkuns uit alle uithoeke van die land, oud en jonk. Die versameling bevat ’n wye verskeidenheid poesie, deur digters soos Eugene N. Marais, Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, N.P. van Wyk Louw, A.G. Visser, Lina Spies, D.J. Opperman en Adam Small. Dit is ’n onteenseglike bewys dat die woordkuns steeds ’n plek het in die harte en huise van Suid-Afrikaanse lesers. |